Dr. Hannetjie Van Zyl-Edeling, ‘n voorligtingsielkundige, praat oor hoe die netheid van jou kamer of woonstel iets oor jou geestesgesondheid kan verklap. Sy gee ook wenke vir die positiewe gebruik van spasie.
Bemarking- en sosiale media-strateeg Magriet Groenewald gee wenke vir jong entrepreneurs oor hoe om sosiale media tot jou voordeel te gebruik. Ons vind ook uit wat die werk van ‘n sosiale media-bestuurder behels, en hoe jy een kan word sonder ‘n kwalifikasie.
Anke Coetzer, ‘n geregistreerde apteker, gesels met jong meisies oor die verskillende voorbehoedopsies wat beskikbaar is, en wat hulle alles in gedagte moet hou wanneer hulle die opsies oorweeg.
Chloè van Rooyen gesels met twee jong akteurs. Anya Human het haar eerste groot rol in ‘n sepie losgeslaan, en Keagon Cochrane het die geleentheid gehad om die verhoog te deel met gesogte akteurs in Boklied.
24 min
About Kompas
From the publisher's feed
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.