Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.
June 27, 2022Kompas 27 Junie 2022Athina Jansen gesels met sportuitblinkers van Worcester en Lutzville in die Wes-Kaap, en met ‘n 14-jarige karateka van Kraaifontein wat Suid-Afrika in September by die Wêreld Goju Ryu Karatekampioenskap in Italië sal verteenwoordig....more22minPlay
June 24, 2022Kompas 24 Junie 2022Dustin Coraizin en Keegan van der Merwe het harde klippe gekou, maar beur voort in weerwil van die struikelblokke. Chrislynn Sias gesels met hierdie twee jongmense met deursettingsvermoë....more25minPlay
June 23, 2022Kompas 23 Junie 2022Is onderwys die studierigting vir jou? Mart-Leen Oosthuizen praat met onderwysers oor hulle beroepsrigting en wat dit verg om 'n goeie opvoeder te wees....more27minPlay
June 22, 2022Kompas 22 Junie 2022Arehan Brand gesels met Gerhard Jacobs, ‘n vlieginstrukteur en fasiliteerder van die Young Wings Flying Adventure-kamp, om meer te leer van beroepe en geleenthede in die lugvaartbedryf. SP Schutte, Kosie van der Heever en Skyler Vorster, drie van die Top 10 van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar kompetisie gesels oor hulle ondernemings en entrepreneurskap....more24minPlay
June 21, 2022Kompas 21 Junie 2022Arehan Brand hoor by Jaco van Niekerk, ‘n senior vakspesialis in e-leer in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, oor hoe leerders deel kan word van die e-leer-rewolusie. Carlyn Oppelt, die Lewenswetenskappe Departementshoof by die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl, vertel van waardevolle hulpbronne wat gratis beskikbaar is aan leerders om hulle met skoolwerk te help....more25minPlay
June 20, 2022Kompas 20 Junie 2022Athina Jansen gesels met hoërskool-musiekuitblinkers wat deel is van die Mitchells Plain en Kraaifontein Music Academy, oor wat musiek vir hulle beteken. Melissa Jane Campher vertel van haar ervaring in die realtiteitsreeks, Die Kontrak, en die sanggroep Droomsindroom gesels oor hulle liedjie, Hey Sonneblom....more23minPlay
June 17, 2022Kompas 17 Junie 2022Hoe kan ons die jeug bemagtig om geldvaardig te wees? Chrislynn Sias praat met Carla Oberholzer, 'n skuldadviseur, wat wenke gee oor hoe om geldslim te word. Jodi Jantjies vertel ons van haar loopbaan, struikelblokke en onlangse nominasie vir 'n SAMA-toekenning....more22minPlay
June 16, 2022Kompas 16 Junie 2022Jeugdag is die verwensliking van ‘n visie en ‘n droom waarvoor duisende Suid-Afrikaanse jeugdiges geveg het. Jeugdag is die viering van jeug, krag en eenheid. Jongmense vier die dag omdat hulle die wȇreld kan verander deur saam te staan. Hoor by verskeie jongmense hoekom hulle Jeugdag vier, en wat die toekoms vir jongmense inhou....more23minPlay
June 15, 2022Kompas 15 Junie 2022Arehan Brand gesels met Malvonia Cupido, ‘n besigheidsadviseur vir ekonomiese ontwikkeling by die Nasionale Jeug Ontwikkelingsagentskap, oor hulle finansiële ondersteuning vir jong entrepreneurs, en hoe hulle jongmense bemagtig. Larissa Kamstra en Mia Ludik, twee van die Top 10 van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie gesels oor hulle ondernemings en entrepreneurskap....more29minPlay
June 14, 2022Kompas 14 Junie 2022Mar-li van der Merwe speel Woord vir Woord. Sy gesels met Albertha van der Merwe van die Wes-Kaap Onderwysdepartement oor die belangrikheid van ‘n goeie woordeskat, en hoe woordeskat leerders kan help om hulle begripvaardighede uit te brei. Marieta Nel, inhoudspesialis by Penguin Random House, vertel watter boeke beskikbaar is vir leerders en waarom sy lees belangrik is....more23minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.