Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 7 Maart 2023
    MTBS is een van ons land se grootste atletiekbyeenkomste tussen vier skole, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg. Mar-li van der Merwe gesels met leerders op die MTBS-bestuurspan oor vanjaar se tema vir die byeenkoms, en wat alles agter die skerms gebeur. Hulle deel ook hulle ervarings van die pawiljoenvertonings en flashes.
    27 min
  • Kompas 6 Maart 2023
    MTBS is een van ons land se grootste atletiekbyeenkomste tussen vier skole, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg. Mar-li van der Merwe gesels met leerders op die MTBS-bestuurspan oor vanjaar se tema vir die byeenkoms, en wat alles agter die skerms gebeur. Hulle deel ook hulle ervarings van die pawiljoenvertonings en flashes.
    27 min
  • Kompas 3 Maart 2023
    Heruitsending - Chrislynn Sias gesels met digter en kunstenaar Gracia Nicholls, wat ook een van haar gedigte voordra. Die vermaaklikheidsverslaggewer, Kelly-Lee Ohlson, vertel wat haar werk behels, en wat sy in haar vrye tyd doen.
    20 min
  • Kompas 1 Maart 2023
    Arehan Brand gesels met hoërskoolleerders oor dinge wat hulle akademiese prestasie belemmer, soos konsentrasiebrekers, aandagafleiers, stres en tegnologie. Hulle bespreek ook studiemetodes en dinge wat akademiese prestasie kan verbeter.
    28 min
  • Kompas 28 Februarie 2023
    Dr. Erna Gerryts, 'n opvoedkundige sielkundige verbonde aan Universiteit Stellenbosch, vertel wat beroepsvoorligting en psigometriese toetse is, hoe om ‘n ingeligte beroepskeuse te maak, en watter stappe om te volg om drome te verwesenlik wanneer ‘n loopbaanrigting gekies word.
    26 min
  • Kompas 27 Februarie 2023
    Net soos ‘n sonneblom het vanaand se uitblinker die vermoë om jou dag op te helder met haar borrelende geaardheid. Ons uitblinker is niemand anders as Athina Jansen nie! Sy gesels oor haar toekomsplanne en deel van haar opwindende ervarings van die afgelope twee jaar in die musiek- en toneelbedryf.
    26 min
  • Kompas 24 Februarie 2023
    ’n Gesonde verhouding met geld is baie belangrik. Jaylee Gertse vertel hoe sy rande rek, en Neil Van der Walt van DebtSafe praat oor die belangrikheid van ‘n begroting en jou krediettelling.
    27 min
  • Kompas 22 Februarie 2023
    Watter uitdagings staan tussen jou en jou loopbaandoelwitte? Hoe oorkom jy daardie uitdagings? Arehan Brand gesels met Clirissa Olivier, ’n werwingsagent, oor die verskillende uitdagings wat loopbaandoelwitte belemmer en uitdaag.
    21 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.