Mar-li van der Merwe gesels met kunstenaar, innoveerder en aktrise Mandri Sutherland oor haar opwindende beroep. Mandri het nie gesit en wag vir geleenthede nie, sy het buite die boks gedink, 'n eenvrouvertoning geskryf en dit in mense se huise begin opvoer.
Chloè van Rooyen gesels met drie van die deelneemers en die wenner van die Huisgenoot Eisteddfod 2022. Hulle vertel wat hulle ervaring was met die kompetisie en ook van hulle ander prestaties. Hulle het raad vir verhoogvrees en moedig jongmense aan wat graag aan Eisteddfods wil deelneem.
Ons kyk na praktiese maniere om die natuur te bewaar. Jesme Swartz, aanbieder van AFRICA FROM WITHIN, ‘n natuurbewarings program op TV, en 'n natuurbewaringsbewuste, Marchillin Barry, vertel wat ons kan doen om by te dra tot bewaring.
Christelle van Tonder gesels oor die uitdagings, kultuurverskille en veranderinge om oorsee te gaan skool hou as ‘n Suid-Afrikaner. Sy gesels oor die geleenthede wat die land waarin sy nou werk bied vir jongmense, en gee raad vir jongmense wat dalk vir’n klein rukkie oorsee wil gaan werk.
Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk, Direkteur vir Beroepsopleiding by die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, oor die naskoolse onderwyssektor en die verskillende onderwys- en opleidingsinstellings. Sy verduidelik waarvoor om op die uitkyk te wees om vas te stel of instellings wettig of onwettig is en of hulle kursusse geakkrediteer is aldan nie.
Wat is emosionele intelligensie? Is dit iets wat gekweek of aangeleer kan word? Bedryfsielkundige en transformasie-afrigter Cindy Square gesels oor die belangrikheid van EI in die werksplek.
Mar-li van der Merwe kuier op die sportveld, op die verhoog en in die klaskamer by jong uitblinkers wat hulle talente slyp om hulle potensiaal te verwesenlik.
Akteur, skrywer en digter Veronique Jefthas gesels hor hare en wat haar kroon se krank is. Die talentvolle Jodi Jantjies vertel waarvoor sy dankbaar is.
Elzahn Dorfling, ‘n lewensafrigter van die Kaap, praat oor effektiewe tydsbestuur en deel tegnieke en wenke oor hoe om elke dag die beste gebruik van 24 uur te maak. Menseregtedag en die betekenis daarvaan kom ook onder die vergrootglas.
25 min
About Kompas
From the publisher's feed
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.