Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 18 April 2023
    Verstaan jy homonieme, homofone, sinonieme en antonieme? Suzette van Niekerk, ‘n Afrikaans Huistaal-vakadviseur, deel wenke oor die vraestelle. Arehan Brand vind meer uit van die verskillende aanlynhulpbronne om leerders te help met hersiening en voorbereiding vir eksamen.
    28 min
  • Kompas 17 April 2023
    Mikayla Joy Brown en Kerscha Titus vertel van hulle ervarings by die Klein Karoo Kunstefees, en hulle gee ons 'n voorsmakie van die produksie, Jantjies and the Pearls. Hullee deel ook wenke vir karakterontledeing en die skryf van tekste.
    24 min
  • Kompas 14 April 2023
    Selfdood is ‘n hartseer werklikheid in Suid-Afrika, en die statistiek skets ‘n onrusbarende prentjie. Chrislynn Sias praat met Robin-Leigh Cupido oor haar reis met depressie en selfdood, en hoe dit aanleiding gegee het tot ’n selfdoodvoorkomingstoer na skole. Die bekroonde akteur, Carlo Daniels, gesels oor sy sukses.
    25 min
  • Kompas 13 April 2023
    Jandre Lubbe het ná matriek besluit om ‘n musiekgraad te voltooi. Hy is baie talentvol en speel in verskeie orkeste reg oor die land. Hy vertel van musiek as studierigting, die praktiese opleiding, die teorie en die aansoekproses. Jandre praat ook oor die verskeie loopbane wat jy kan volg wanneer jy jou graad in musiek voltooi het.
    23 min
  • Kompas 12 April 2023
    Arehan Brand gesels met ‘n paar jongmense oor hoe om vir hulp te vra wanneer hulle dit benodig, en hoe om verantwoordeliheid te neem vir hulle situasie. Hulle vertel ook of hulle dink die moderne jeug dinge te maklik het.
    25 min
  • Kompas 11 April 2023
    Mar-li van der Merwe gesels met Jeanine Roux, medestigter, direkteur en onderwyser by Khula Leersentrum. Jeanine deel hulle benadering tot onderrig by die sentrum, en vertel wat hulle geïnspireer het om die sentrum te stig. Sy verduidelik ook wat haar beroep as ontwikkelingskonsultant behels.
    24 min
  • Kompas 10 April 2023
    Jurie Blignaut. 'n leerder by Hoërskool Rustenburg, vertel watter studiemetodes hy gebruik om sy puik prestaties te behaal. Hy vertel ook hoekom leerders sukkel om konsentrasie te behou tydens studietyd. Twee studente van Weskus Kollege, wat gaan deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe van Kollegesport Suid- Afrika, vertel hoe hulle roetines lyk en deel hulle planne vir die toekoms.
    22 min
  • Kompas 7 April 2023
    Arehan Brand gesels met Clinton Morgenrood, ‘n sosialemedia-bemarker en kosstileerder, oor sy werk. Sanet Badenhorst vertel van haar liefde vir digkuns, skryf, kitaarspeel en haar besluit om haar wiskundekennis te verbeter.
    26 min
  • Kompas 6 April 2023
    Athina Jansen gesels oor die uitdagings, kultuurverskille en aanpassing om oorsee te gaan skool hou as ‘n Suid-Afrikaner. Sy gesels oor die geleenthede wat die land waarin sy nou werk bied, en gee raad vir jongmense wat daaraan dink om vir ’n kort tydperk oorsee te gaan werk.
    23 min
  • Kompas 5 April 2023
    Hoe hanteer ons jongmense druk en stres? Arehan Brand praat met Charl Davids, waarnemende direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Studentevoorligtingsentrum, meganismes om druk en stres te hanteer.
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.