Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 21 Maart 2023
    Volgens ʼn onlangse studie spandeer die meerderheid jong Suid-Afrikaners ten minste ‘n kwartier van elke uur op hulle selfone. Mar-li van der Merwe gesels met dr. Marlena Kruger van Mind Unique Education oor haar stigting se aktiewe weldstand-veldtog, hoekom dit belangrik is om skermtyd te beperk om elektroniese verslawing te voorkom, en hoe dit geïmplementeer kan word.
    25 min
  • Kompas 20 Maart 2023
    Van akademie tot digkuns, sang en boogskiet. Suid-Afrika se jongmense woeker met hulle talente! Mar-li van der Merwe gesels uitblinkers wat op skoolvlak presteer.
    26 min
  • Kompas 17 Maart 2023
    Ons gesels met twee innoverende entrepreneurs. Amy Green, eienaar van Bespoke Janey, leer ons hoe om klei oorbelle te maak en Clyde Muller, ‘n student en besigheidseienaar, vertel van sy uitdagings en hoe hy alles balanseer.
    28 min
  • Kompas 16 Maart 2023
    Bedryfsielkunde is ‘n gesondheidsberoep wat die terapeutiese gebruik van alledaagse aktiwiteite behels om die fisiese, geestelike, ontwikkelings- en emosionele kwale te behandel wat ‘n pasiënt se vermoë om daaglikse take uit te voer, beïnvloed. Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n bedryf sielkundige oor haar beroepen wat die studies behels.
    26 min
  • Kompas 15 Maart 2023
    Arehan Brand gesels met prof. Jean Greyling, die voorsitter van die Tangible Africa-projek, om te hoor hoe jongmense sonder ‘n rekenaar kan leer om te kodeer en programme te skryf. ‘n Paar jong mense vertel hoe hulle in hierdie velde betrokke geraak het, en die werksgeleenthede wat dit vir hulle gebied het.
    26 min
  • Kompas 14 Maart 2023
    Daar is 'n kritieke vaardigheidstekort in veeartsenykundesektor. Veeartse is nie net belangrik vir ons troeteldiere nie, maar ook vir wildbestuur, navorsing, voedselproduksie en vele meer. Mar-li van der Merwe loer in by dr. Madelé Bezuidenhout om uit te vind wat hierdie beroep behels.
    25 min
  • Kompas 13 Maart 2023
    Mar-li van der Merwe gesels met akteur en ook nou skrywer, David Ralph Viviers, oor sy debuutroman, MIRAGE. Dis 'n verhaal van liefde en verlies, en hoe ons stories en narratief gebruik om onsself te genees.
    28 min
  • Kompas 10 Maart 2023
    Sport het Suid-Afrikaners die geleentheid gebied om brûe te bou en saam aan ʼn beter toekoms te werk. Daar is ʼn sekere kameraderie wat tussen totale vreemdelinge kan ontstaan bloot omdat hulle dieselfde klub ondersteun. Ons gesels met twee klubafrigters oor hulle sportsoorte, en fokus op vroue omdat Wêreld Vrouedag onlangs gevier is.
    22 min
  • Kompas 9 Maart 2023
    Mart-Leen Oosthuizen praat met ‘n verpleegster wat haar eie kliniek begin het.  Sy gee raad vir jongmense en gesels oor die stigma van verpleegkunde. Sy vertel van haar struikelblokke toe sy pas die kliniek oopgemaak het, en van haar gunsteling deel van haar werk.
    21 min
  • Kompas 8 Maart 2023
    Hoe kan die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) jongmense help met vaardighede, werksgeleenthede en entrepreneurskapontwikkeling?
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.