Kortom

Kortom

By RSGArts
Download on the App Store

Kortom episodes

  • Kortom 9 September 2025
    Frieda van den Heever lees Maretha van der Westhuizen se kortverhaal, KOUE BOBOTIE, voor. Die waarheid moet uit wanneer ma, suster en dogter saam eet, oor waarom pa die pad gevat het.
    14 min
  • Kortom 2 September 2025
    Audrey Blignault deel in haar kortverhaal, DIE ROOI GRANAAT, ‘n baie intieme tienerherinnering. Dit handel oor ’n meisie se eerste liefde. Imarie Oberholzer is die verliefde voorleser.
    18 min
  • Kortom 19 Augustus 2025
    Dink saam met Dot Serfontein terug aan ‘n geliefde troetelkat uit haar jeug in die kortverhaal, OUKAT. Elma Potgieter is die stem wat hierdie merkwaardige kat se storie voorlees.
    17 min
  • Kortom 12 Augustus 2025
    Frieda van den Heever lees Maretha van der Westhuyzen se kortverhaal, ‘N TRIO VAN VALS NOTE, voor. ‘n Onskuldige kooroefening lei tot ’n verhouding, wat lei tot tragiese gevolge, of nie? Die waarheid moet uit, maar tersefdertyd is dit die waarheid wat seer maak.
    17 min
  • Kortom 5 Augustus 2025
    Helm Jooste vertel in sy kortverhaal, STUITIGHEDE OP KEETMANS, van ‘n snaakse onderonsie wat sy vriende ervaar het met ‘n jong skooljuffrou tydens ‘n besoek aan Keetmanshoop. Cassius Davids is die voorleser wat hierdie grappige gebeurtenis gestalte gee.
    14 min
  • Kortom 29 Julie 2025
    Anrich Herbst lees 'n kortverhaal voor oor die slaggat waarin baie ouer welgestelde mans al getrap het. Hoe lui die spreekwoord? ‘n Ou bok laaik mos groen blare! DROOMVROU deur Maretha van der Westhuizen sal dalk vir jou laat peins oor 'n paar gedagtes.
    19 min
  • Kortom 22 Julie 2025
    Emma Bekker vertel in haar kortverhaal, SYBOKHAAR, van ‘n tienerherinnering wat deur ‘n kombers in ‘n kunsmuseum na vore gebring word. Juanita de Villiers is die voorleser wat hierdie herinnering ‘n stem gee.
    19 min
  • Kortom 15 Julie 2025
    Frieda van den Heever lees ‘n kortverhaal voor oor keuses. ‘n Vrou wat gekonfronteer word deur haarself oor haar lewe en waar sy staan. ONDERWEG NA OMDRAAI deur Maretha van der Westhuizen sal dalk vir jou ook heling bring.
    19 min

About Kortom

From the publisher's feed

’n Program waarin kortverhale voorgelees word