Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder
    Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende gesprek oor die spore wat ons agterlaat wanneer ons help bou aan die volgende generasie.
    8 min
  • Die Spore van ’n Passievolle Opvoeder
    Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Christene Schoeman – ’n ma, vrou en eienaar van haar eie kleuterskool. Hulle praat oor die werklikhede van die lewe, die verantwoordelikhede wat saam met leierskap kom, en die passie om ’n verskil in jong kinders se lewens te maak. ’n Inspirerende gesprek oor die spore wat ons agterlaat wanneer ons help bou aan die volgende generasie.
    8 min
  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 2 Junie 2026
    JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
    8 min
  • ATKV Applous Streeksfees: Namibië se Jong Koorsterre Neem die Verhoog
    Jean-Louis gesels met Jolanda Amoraal, organiseerder van die ATKV Applous Streeksfees, oor die oudste skoolkoorkompetisie in Suidelike Afrika wat hierdie week in Windhoek plaasvind. Hulle bespreek wat gehore kan verwag, hoe Namibië se skoolkore vanjaar vaar, en watter geleenthede wag op die kore wat droom van ’n plek in die nasionale finaal in Kaapstad. ’n Inspirerende gesprek oor talent, toewyding en die krag van koormusiek.
    5 min
  • Jean-Louis Gesels met Estie Schreiber oor Molkosan se 100 Jaar van Vertroue
    In hierdie episode gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Molkosan van A. Vogel – die tweede produk wat reeds in 1926 deur A. Vogel geformuleer is. Vanjaar vier Molkosan sy 100ste bestaansjaar, en mense wêreldwyd vertrou steeds op hierdie bekende produk vir beter spysvertering en welstand.

    Estie deel ook die interessante resultate van ’n steekproef waarin 208 dames, wat aan swak spysvertering gely het, deelgeneem het. Die uitkomste was besonder indrukwekkend.

    Molkosan is beskikbaar by apteke in die gewone geur sowel as Molkosan Berry vir ’n effens soeter smaak.

    Vir meer inligting besoek A. Vogel Suid-Afrika of stuur ’n e-pos na [email protected].
    12 min
  • Maak Spore met Danie Prinsloo
    Vandag gesels Elmero Strauss met Danie Prinsloo – musikant, MC en entrepreneur.

    ’n Gesprek oor die pad wat hy deur die jare gestap het, die mense wat hy ontmoet het, en die spore wat musiek en die verhooglewe in sy lewe gelaat het.

    Luister na ’n eerlike en inspirerende gesprek oor musiek, mense en die lewe agter die verhoog.
    7 min
  • Elmero Strauss gesels met Bianca Ozcan oor Run4MS en bewusmaking van Multiple Sklerose
    Vandag op Ene Ore gesels ons met Bianca Ozcan van Multiple Sclerosis Namibia oor die komende Run4MS ter ondersteuning van Wêreld MS Dag. Die gesprek fokus op bewusmaking rondom Multiple Sklerose, die uitdagings waarmee pasiënte daagliks saamleef, en hoe die gemeenskap kan help om ’n verskil te maak. Skakel in vir ’n gesprek oor hoop, ondersteuning en bewusmaking.
    7 min
  • A.Vogel Echinaforce: Voorkoming en Behandeling van Lugweginfeksies
    Jean-Louis gesels verder met Anette Rheeder oor A.Vogel Echinaforce druppels en tablette, en hoe dit gebruik kan word om lugweginfeksies te help voorkom en behandel. Hulle bespreek die voordele van die produk, hoe dit werk, en wanneer dit die beste gebruik kan word.

    A.Vogel Echinaforce tablette en druppels is beskikbaar by jou naaste apteek.

    Vir meer inligting kan luisteraars hul navrae stuur na [email protected]
    8 min
  • Maak Spore met Rias Oberholzer
    Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer, ’n bekende stem in jeug- en gesinsbediening, motiverende gesprekke en geloofsprogramme. Van sy betrokkenheid by die Windhoek Woordfees tot nostalgiese Afrikaanse musiek en diep gesprekke oor gemeenskap en jongmense, deel Rias stories en herinneringe wat harte raak.

    Luister saam na ’n inspirerende gesprek oor geloof, musiek, die mense wat ons lewens vorm en die spore wat ons nalaat. Hierdie episode van Maak Spore word moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
    10 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.