Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 20 April 2026
    JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
    6 min
  • FNB Namibië se rol by die KosMOS Fees
    Jean-Louis gesels met Revonia Job, Borgekap en Maatskaplike Impak bestuurder by FirstRand Namibia. FNB Namibië is een van die senior borge van die KosMOS Fees en speel ’n groot rol in die ervaring volgende naweek. Luister hoe sy meer deel oor hoekom hulle betrokke geraak het en wat hulle alles beplan om die fees nog beter te maak.
    8 min
  • Griep Seisoen Beskerming: A.Vogel Echinaforce in Fokus
    Die griepseisoen is reeds in volle swang, en bvandag gesels Jean-Louis met Anette Rheeder oor beskerming teen griep vir jou en jou gesin.

    Hulle fokus op A.Vogel Echinaforce en kyk waarom dit ’n gewilde keuse is vir natuurlike ondersteuning gedurende die griepseisoen.

    A.Vogel Echinaforce is beskikbaar in apteke regoor Namibië in tablet- sowel as druppelvorm.

    Vir navrae of meer inligting, kontak [email protected]
    .
    8 min
  • Agter die Skerms van die KykNET Buite Ekspo met Marius Opperman
    Jean-Louis gesels met Marius Opperman, die man agter die gewilde KykNET Buite Ekspo in Suid-Afrika en Namibië. Hulle gesels oor wat alles in die beplanning van dié groot gebeurtenis ingaan, wat besoekers kan verwag, en hoe dit aansluit by die opwinding van die KosMOS Fees 2026.

    Die KykNET Buite Ekspo vind plaas op 24 en 25 April, met die KosMOS Fees 2026 op 25 April. Kaartjies is beskikbaar by https://www.howler.co.za/KosMosFees26
    10 min
  • Face of Hope: Hoop, omgee en die krag van klein dade
    Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Anita Senekal oor haar projek, Face of Hope. Die inisiatief is gebou rondom hoop en omgee, en wys hoe een persoon ’n verskil kan maak wanneer jy kies om iets goeds vir ander te doen. Luister saam na die storie agter die projek en ontdek hoe klein dade ’n groot impak in mense se lewens kan hê.
    8 min
  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 13 April 2026
    JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
    8 min
  • Namibië se Wêreldsukses by RCFA Wêreldkampioenskappe
    Jean-Louis gesels met Ingo Oosthuizen, internasionale koördineerder van RCFAI, oor Namibië se uitstaande prestasie by die onlangse RCFA Wêreldkampioenskappe. Die land het wêreldwyd aandag getrek met ’n indrukwekkende vertoning, insluitend verskeie wêreldkampioene en ’n rekord aantal medaljes.
    9 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.