Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Van Walvisbaai tot die Verhoog – Salvador Mouers se Musiekreis
    Elmero Strauss gesels vandag met Salvador Mouers, ATKV Crescendo-wenner en die eerste Namibiese kunstenaar wat deur dié program bekendgestel is.

    Van Walvisbaai tot op groot verhoë, word sy musiek gedryf deur geloof, familie en eerlike lewensverhale wat aanklank vind by luisteraars.
    6 min
  • Agter die Lied – Tamlyn Wessels oor Ek Slaap In Jou Hoodie
    Tamlyn Wessels stel vandag haar nuwe enkelsnit “Ek Slaap In Jou Hoodie” bekend — ’n lied wat die gevoel van verlange en nabyheid op ’n eerlike en treffende manier vasvang.

    Met invloede van pop en folk, en lirieke wat fokus op die klein, betekenisvolle oomblikke van liefde, skep sy ’n klank wat beide warm en opreg voel.

    Jean-Louis gesels regstreeks met haar oor die inspirasie agter die lied, die storie wat dit vertel en haar reis as kunstenaar. Luister saam en ontdek die hart agter die musiek.
    5 min
  • Sal Jy Wil Jy? – ’n Eksklusiewe Geselsie met Irene-Louise van Wyk
    Irene-Louise van Wyk se splinternuwe enkelsnit “Sal Jy Wil Jy” is vandag vrygestel, en dit is beslis iets wat jy nie wil mis nie.

    En dit raak nog beter — Jean-Louis gesels vandag met haar in ’n eerlike en insiggewende onderhoud oor die storie agter die lied, haar musiekreis, en wat luisteraars nog van haar kan verwag.
    6 min
  • Oliepryse, Oorlog en Afrika se Ekonomiese Toekoms
    Jean-Louis gesels met Dawie Roodt oor die impak van stygende oliepryse te midde van die voortdurende konflik in die Midde-Ooste, en hoe dit ekonomieë regoor Afrika raak. Met waarskuwings dat volgehoue hoë brandstofpryse en moontlike tekorte groei met tot drie persentasiepunte kan knou, word die vraag gevra of optimistiese groeivoorspellings vir die vasteland nog haalbaar is.

    Hulle bespreek ook of lande soos Namibië, wat sterk afhanklik is van invoere, meer kwesbaar is as ekonomieë soos Suid-Afrika, asook wat die moontlike hersteltyd kan wees sou die konflik tot ’n einde kom. Die gesprek bied insig in of ons met ’n tydelike krisis te doen het, of ’n langertermyn verskuiwing in die globale ekonomie.
    3 min
  • Gesels met Jaime Smith oor "Level Up: Adulting is for Real"
    Vandaggesels Elmero Strauss met Jaime Smith oor haar splinternuwe boek Level Up: Adulting is for Real, wat hierdie Vrydag, 20 Maart, vrygestel word. Ons ontdek die inspirasie agter die boek, die boodskap wat Jaime wil deel, en die betekenis van hierdie nuwe vrystelling.
    10 min
  • KI Geheuekrisis: Stygende RAM-pryse en die Impak op Verbruikers
    Jean-Louis gesels met Gregory Francis en Annalize van der Merwe oor ’n dringende kwessie in die tegnologie-wêreld: die wêreldwye tekort aan KI-geheue en die skerp styging in RAM-pryse. Hulle verduidelik wat RAM is en waarom dit in 2026 so ’n kritieke rol speel, veral met die groei van kunsmatige intelligensie. Die gesprek ondersoek hoekom KI-stelsels soveel meer geheue benodig as tradisionele tegnologie, en hoe pryse van meer as 50% die alledaagse verbruiker kan raak. Daar word ook gekyk na of groot maatskappye voorkeur kry in die mark, en wat dit beteken vir kleiner lande soos Namibië. Laastens bespreek hulle of hierdie situasie tydelik is of die nuwe normaal, en gee raad oor of dit nou die regte tyd is om te koop of eerder te wag.
    8 min
  • Van Idees tot Innovasie: ’n Gesprek met Rayno Burger
    Vandag in Maak Spore gesels Elmero met Rayno Burger, CEO by BinaryCity, tussen 12:00 en 13:00. Hulle verken die wêreld van tegnologie en digitale oplossings, en kyk na hoe ’n mens ’n suksesvolle tegnologie-besigheid bou. Van die eerste idees tot werklike innovasie – watter spore laat dit in die moderne wêreld? Skakel in en luister saam na ’n insiggewende gesprek oor die toekoms van tegnologie.

    Moontlik gemaak deur: Jakkals Vellies Namib
    7 min
  • Elmero Strauss gesels met Elandré oor “Somersoet”
    Elmero gesles met Elandré oor sy splinternuwe enkelsnit, “Somersoet”, wat vandag vrygestel word. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die liedjie, die kreatiewe proses en wat aanhangers kan verwag. Moenie hierdie interessante gesprek en eksklusiewe agter-die-skerms stories misloop nie. Skakel in en ervaar die wêreld van Afrikaanse musiek van nader.
    7 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.