Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Anton Goosen oor pa-word op 80
    Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek praat hy oor hoe dit voel om op 80 weer pa te word, wat hy sê vir mense wat verbaas is, en hoe hy pa-wees op tagtig sien.
    8 min
  • Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation
    Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation en die belangrike rol wat die organisasie speel om vroue te ondersteun en te bemagtig. Die inisiatief fokus op die bou van selfvertroue, welstand-opleiding en professionele ontwikkeling binne die skoonheids- en welstandbedryf. Deur praktiese geleenthede en ondersteuning help hulle vroue om hul volle potensiaal te ontdek, hulself te ontwikkel en volhoubare geleenthede en inkomste vir hul toekoms te skep.
    5 min
  • Jean-Louis Gesels met Eloff oor “Bietjie Chill”
    Jean-Louis gesels met Eloff oor sy splinternuwe enkelsnit, “Bietjie Chill”. Hulle praat oor die inspirasie agter die liedjie, die lekker ontspanne vibe daarvan, en hoekom dit die perfekte klankbaan is wanneer vriende net saam wil kuier, lag en ’n bietjie wegbreek van die alledaagse lewe.
    5 min
  • Vergrote Prostaat: Wat Elke Man Moet Weet
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n onderwerp wat uiteindelik by elke man kan voorkom: ’n vergrote prostaat. In hierdie gesprek verduidelik hulle hoekom dit gebeur, watter simptome mans kan ervaar, hoe dit gediagnoseer word, en watter natuurlike opsies daar is om verligting te help bring.

    Hulle bespreek ook A Vogel Prostasan kapsules, ’n produk wat sonder voorskrif by apteke landswyd beskikbaar is.

    Vir meer inligting besoek www.avogel.co.za
    of stuur ’n e-pos na [email protected]
    .
    13 min
  • From Ideas to Code: A Conversation with Software Developer Marius van Wyk
    In today’s episode of Maak Spore, Elmero Strauss speaks with Marius van Wyk, a software developer who works daily on the digital solutions that help power our modern world. From ideas to code, they explore a field driven by creativity, problem-solving, and continuous development. Tune in to hear how technology is also leaving its mark on people’s lives.

    Maak Spore is made possible by Jakkals Vellies Namibia.
    7 min
  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher
    Skakel elke Maandag om 16:45 in vir Diere Maniere, ’n interessante en insiggewende gesprek met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het. Van troeteldiere tot wild bespreek ons gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer. Ontdek nuwe insigte en leer meer oor die wêreld van diere in elke episode.
    7 min
  • Die Midde-Ooste Konflik en die Impak op Oliepryse, Inflasie en Markte
    Jean-Louis Knouwds gesels met Dawie Roodt oor die moontlike ekonomiese gevolge van die konflik in die Midde-Ooste. Hulle bespreek hoe stygende oliepryse gewone verbruikers kan raak, wat dit vir brandstofkoste kan beteken en of sentrale banke rentekoerse langer hoog sal moet hou. Die gesprek kyk ook na die breër impak op finansiële markte en of beleggers rede het om bekommerd te wees, of of die ekonomiese gevolge waarskynlik beperk gaan wees.
    4 min
  • Irma Rescue Panic: Verstaan die Verskil tussen Angstigheid en Paniek
    Ons gesels oor die belangrike verskil tussen angstigheid en paniek, en help jou verstaan wanneer Irma Rescue Panic die regte keuse vir jou kan wees.

    Ons bespreek praktiese voorbeelde en gee duidelikheid oor hoe om emosionele uitdagings beter te hanteer met die regte ondersteuning.

    Alles is gereël aan my kant. Ek sal organiseer om met jou via Cleanfeed te gesels; anders kan jy inskakel via WhatsApp by +27 72 984 7566.

    Die Irma Rescue-reeks, insluitend Irma Rescue Panic, is beskikbaar by jou naaste apteek sowel as op die Clicks-rakke.

    Vir navrae oor die Irma Rescue-reeks, asook emosionele en algemene gesondheidsvrae, kontak [email protected]
    9 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.