Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Internasionale Moedertaaldag: Is Afrikaans Veilig in ’n Digitale Wêreld?
    Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner hoe kosbaar taal werklik is.

    Vandag fokus ons op Afrikaans as moedertaal. Is dit veilig? Of verkeer dit onder toenemende druk? Ons ondersoek die mite dat moedertaalonderrig mense eentalig maak en bespreek hoe dit juis ’n stewige grondslag lê vir die aanleer van ander tale.

    Met die 2026-tema wat die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig beklemtoon, kyk ons ook na die rol van sosiale media, stromingsdienste en digitale platforms: Kan tegnologie nuwe lewe in Afrikaans blaas? En watter praktiese stappe kan gewone mense neem om die taal te beskerm en lewenskragtig uit te bou?

    ’n Diepgaande gesprek oor taal, identiteit en die toekoms van Afrikaans in ’n vinnig-veranderende wêreld.
    8 min
  • Stefan Ludik: Mens of Masjien? Die AI-Debat in Musiek
    Stefan Ludik gesels oor sy nuutste vrystelling, “Trou Met My”, en ’n kreatiewe proses wat die musiekbedryf laat kopkrap.

    Stefan het nuwe liedjies geskryf, ou demo’s afgestof en dit met behulp van kunsmatige intelligensie laat remix en vervaardig. Die resultaat is nou op al die groot musiekplatforms beskikbaar - maar dit bring belangrike vrae na vore.

    Is dit steeds “egte” musiek as AI help met die produksie?
    Waar trek ’n kunstenaar die lyn tussen tegnologie en talent?
    En hoe voel hy oor die kritiek rondom AI in die musiekbedryf?

    Ons praat eerlik oor kreatiwiteit, innovasie en die toekoms van musiek. Skakel in en vorm jou eie mening: Is jy vir of teen AI in musiek?
    7 min
  • Bestaan daar regtig ’n produk wat jou liggaam van binne af jonger en gesond kan hou?
    Hierdie week kyk ons na ’n vraag wat baie mense besig hou: Is daar werklik ’n produk wat jou liggaam van binne af jonger en gesond kan hou? Ons gesels oor OXIPROVIN, hoe dit werk en wat dit van ander produkte onderskei.

    Ons bespreek ook waar dit beskikbaar is en wat jy moet weet voordat jy dit begin gebruik. OXIPROVIN is landswyd by apteke beskikbaar.

    Vir meer inligting besoek www.oxiprovin.co.za
    of stuur ’n e-pos na [email protected]
    .
    13 min
  • Wêreld Ietermagô-dag: Hoop vir die Mees Gesmokkelde Soogdier
    Wêreld Ietermagô-dag word jaarliks op die derde Saterdag van Februarie gevier om bewustheid te verhoog oor ietermagôs en die ernstige bedreigings wat hulle in die gesig staar – veral stropery en die onwettige wildhandel. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdiere ter wêreld weens die hoë aanvraag na hul skubbe in tradisionele medisyne en hul vleis as ’n lekkerny.
    7 min
  • Maak Spore met Stefan Steyn: Die krag van musiek en mentorskap
    Elmero Strauss gesles met musikant en kitaar-onderwyser Stefan Steyn – ’n naam wat sterk resoneer in Namibië se musiekkringe. Vir baie is hy een van die land se voorste kitaarspelers, maar sy grootste bydrae lê in die spore wat hy in ander se lewens laat deur sy passie vir musiek en sy toewyding aan mentorskap.
    7 min
  • Diere vergiftig: Wat nou? Praktiese raad vir troeteldier-eienaars
    Dr. Theuns Laubscher gesels met Marcel Theron oor wat om te doen wanneer ’n dier moontlik vergiftig is. Hulle bespreek die algemene oorsake van vergiftiging, waarskuwingstekens waarna eienaars moet oplet, en watter onmiddellike stappe geneem moet word om ’n dier se lewe te red. Hierdie gesprek bied noodsaaklike inligting vir elke troeteldier-eienaar in Namibië wat voorbereid wil wees vir ’n noodgeval. Skakel in op Kosmos 94.1 om 16:45 en bly ingelig.
    5 min
  • Vanaf Karasburg tot by die F1-wêreldverhoog – Heinrich Stasiuk se Ongelooflike Reis
    Van ’n klein dorpie in Suid-Namibië tot die glans van die internasionale Formule 1-verhoog! In hierdie inspirerende episode gesels ons met Heinrich Stasiuk oor sy 10-jaar ooreenkoms met Formula 1 om kos te voorsien by die Heineken F1 Grand Prix in Nevada.

    Hy berei disse voor vir wêreldsterre soos Lewis Hamilton, Shaquille O’Neal, Jay-Z en Beyoncé – maar sy storie begin nederig in Karasburg.

    Jean-Louis Knouwds duik dieper in sy reis, sy uitdagings en wat hierdie mylpaal vir hom en Namibië beteken. ’n Gesprek vol trots, passie en inspirasie wat jy nie wil misloop nie!
    6 min
  • Irma Rescue: Natuurlike Ondersteuning vir Stres, "Burnout" en Meer
    Jean-Louis Knouwds gesels met Anette Rheeder oor die gewilde Irma Rescue-reeks en hoe hierdie natuurlike produkte ondersteuning kan bied tydens uitdagende tye.

    Hulle deel waardevolle insigte oor persoonlike ervarings én terugvoer ná die gebruik van Irma Rescue Burnout en Irma Rescue Stress, asook hoe die volledige reeks kan help met emosionele welstand.

    Die Irma Rescue-reeks bestaan uit 6 produkte:
    • Burnout
    • Stress
    • Panic
    • Blues
    • Heartbreak
    • Shock

    Elke produk is beskikbaar in aparte pakkies van 20 – vra gerus by jou plaaslike apteek.

    📩 Navrae kan gerig word aan: [email protected]
    – hulle antwoord graag.
    10 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.