Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Elmero Strauss gesels met Alicia Dobson
    Vandag maak ons kennis met Alicia Dobson - sangeres en kreatiewe gees wat haarself uitdruk deur musiek, skilder en teken.
    In haar onderhoud gesels sy oor haar debuutvrystelling, “Blank”

    Skakel tot haar lied: https://youtu.be/jU-Hf4ISGqk?si=EpAyeqlHXePHLrO2
    5 min
  • Irma’s Rescue: Wanneer die Druk te Veel Raak
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die realiteite van emosionele druk - wanneer jou hart gebreek is, angs jou oorweldig, of stresvlakke deur die dak skiet en dit voel asof die druk nooit gaan eindig nie.

    In hierdie insiggewende gesprek fokus hulle op Irma’s Rescue, met spesiale aandag aan Heartbreak Rescue, die nommer-een verkoper onder die ses produkte. Estie verduidelik hoe die produk werk, wanneer dit gebruik kan word en hoe dit mense ondersteun tydens moeilike emosionele tye.

    Vir meer inligting besoek www.irmas.co.za
    Irma’s Rescue-produkte is by apteke beskikbaar.
    Navrae kan gerig word aan [email protected]
    13 min
  • Bek- en Klouseer: Wat Boere Moet Weet
    JP Nel gesels met dr. Theuns Laubscher oor bek- en klouseer en die impak daarvan op vee. Hulle bespreek wat die siekte is, hoe dit versprei, watter tekens om voor uit te kyk, en wat boere kan doen om hul vee te beskerm. ’n Insiggewende gesprek vir enigeen in die landboubedryf.
    9 min
  • Menoforce vir Warmgloede en Nagsweet: ’n Gesprek met Estie Schreiber
    Estie Schreiber gesels oor A.Vogel Menoforce-tablette en hoe dit kan help om warmgloede en nagsweet tydens menopouse te verlig. Sy deel haar ervaring en verduidelik hoe hierdie natuurlike produk werk, hoekom dit effektief is, en hoe maklik dit is om te gebruik. Menoforce is sonder voorskrif beskikbaar by apteke landswyd, met slegs een tablet per dag wat nodig is.
    Vir meer inligting kan jy www.avogel.co.za besoek of ’n e-pos stuur na [email protected].
    13 min
  • Rosatom se syfers is nie korrek nie - Sauma
    MSN berig dat Rosatom beplan om tot US$500 miljoen (ongeveer N$9,4 miljard) te belê in 'n langtermyn-uraanprojek in Namibië, wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en die vreedsame gebruik van kernenergie bevorder. Headspring Investments poog al jare om in-situ herwinning mynbou naby Leonardville in die Omaheke-streek uit te voer. Die maatskappy sê die metode - om 'n uitloogoplossing deur uraanhoudende sandsteen te pomp om die mineraal op te los en te onttrek - is omgewingsveilig en word suksesvol in lande soos Kazakstan en die Verenigde State gebruik. Die voorgestelde uraanprojek sal Rusland as 'n belangrike speler in Namibië se uraansektor posisioneer, wat reeds onder die grootste wêreldwyd is. Namibië is tans die wêreld se derde grootste uraanprodusent en huisves primêre bedrywighede, insluitend Rössing, Husab en Langer Heinrich. Kosmos 94.1 het aangeklop by Sauma se voorsitter, Wolfie Teichert. Luister gerus hier na sy kommentaar oor die Russe se eise oor bronne.
    8 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.