Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Kilometers vir Hoop met Marius du Preez
    Elmero Strauss gesels met Marius du Preez, beter bekend as “The Unhurried Bikepacker” - ’n afgetrede man met ’n buitengewone missie om kilometers te verruil vir hoop.

    Deur sy liefdadigheidsinisiatief, “Suffer for Joy”, ry hy solo deur Suidelike Afrika om fondse in te samel en bewustheid te skep vir mishandelde en kwesbare kinders. Sy reis is nie net fisies uitdagend nie, maar ook ’n kragtige boodskap van omgee, deursettingsvermoë en medemenslikheid.
    7 min
  • Fix the Vibe met Selby Williams op Kosmos 94.1
    Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Selby Williams stel sy splinternuwe liedjie, “Fix the Vibe”, bekend en gesels oor sy musikale reis.

    Selby, wat in Avianpark grootgeword het, het ten spyte van uitdagende omstandighede sy droom nagejaag om nie net ’n verskil in sy gemeenskap te maak nie, maar ook om mense wêreldwyd met sy musiek te inspireer. In hierdie episode hoor ons meer oor die storie agter die liedjie, sy inspirasie en wat aanhangers van hom kan verwag.
    5 min
  • Jean-Louis in Gesprek met Anneri Luck: Wat die Nasionale Begroting vir Jou Sak Beteken
    Jean-Louis gesels met Anneri Luck, Direkteur van Belasting by PwC, oor die jongste Nasionale Begroting wat deur die Minister van Finansies ter tafel gelê is. Saam ontleed hulle die belangrikste hoogtepunte uit die begroting, bespreek die positiewe aspekte van die toespraak en lig moontlike bekommernisse uit wat belastingbetalers kan raak.

    Hulle kyk ook na nuwe belastingvoorstelle, veranderinge aan belastingkoerse en wat Suid-Afrikaners vorentoe kan verwag. ’n Praktiese en insiggewende gesprek oor wat die begroting regtig vir jou sak beteken.
    6 min
  • Geld van Môre: Bitcoin, Kripto en die Nuwe Finansiële Era
    Jean-Louis Knouwds gesels met die bekende ekonoom Dawie Roodt oor groot vrae rondom Bitcoin en kripto-geldeenhede. Wat beteken digitale geld vir die toekoms van finansies? Is kripto ’n revolusie of ’n risiko? En hoe moet beleggers dink oor hierdie vinnig veranderende landskap?

    ’n Insiggewende en relevante gesprek wat help om sin te maak van ’n nuwe finansiële wêreld.
    3 min
  • Stres onder die vergrootglas met Irma’s Stress Rescue
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber en Melissa Bosch oor ’n onderwerp wat ons almal raak – stres. Of jy nou jonk of oud is, stres beïnvloed elke aspek van ons daaglikse lewe. Hierdie week sluit Melissa Bosch, bemarkingsbestuurder van die Irma’s-reeks, by hom aan in die ateljee om meer te vertel oor Irma’s Stress Rescue en hoe dit ondersteuning kan bied in uitdagende tye.

    Irma’s-produkte is beskikbaar by apteke landswyd. Besoek www.irmas.co.za
    vir meer besonderhede of stuur ’n e-pos aan [email protected]
    vir verdere inligting.
    12 min
  • Kurt Darren Gesels oor KosMOS Fees 2026
    JP Nel gesels met Kurt Darren oor sy gewilde musiek en sy opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. Hulle praat oor wat aanhangers kan verwag, die energie van die verhoog en wat hierdie fees so besonders maak. Moenie hierdie onderhoud misloop nie.
    4 min
  • Die Belangrikheid van Tandgesondheid by Jou Troeteldier
    In hierdie episode van Diere Maniere gesels ons met Dr. Theuns Laubscher oor die belangrikheid van tandgesondheid by troeteldiere. Ons kyk na algemene tandprobleme by honde en katte, hoe om waarskuwingstekens betyds raak te sien, en watter stappe jy kan neem om jou dier se tande gesond te hou.
    4 min
  • Demi Lee Moore oor haar optrede by KosMOS Fees 2026
    Elmero Strauss gesels met Demi Lee Moore oor haar opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. In hierdie onderhoud deel sy meer oor wat agter haar musiek skuil, haar voorbereiding vir die fees en hoe sy beplan om die verhoog behoorlik te laat skitter.
    5 min
  • Jean-Louis gesels met Bernice West oor KosMOS Fees 2026
    🔥🎶 KosMOS Fees 2026 is terug – en hierdie jaar is dit groter en beter as ooit! Maak gereed vir ’n naweek vol topklas musiek, ongelooflike lekker vibes en ’n kuier soos net óns dit kan doen. 🙌✨

    📍 Wanderers Sportgronde, Windhoek
    📅 24 & 25 April 2026
    🎟️ Kaartjies is MÔRE beskikbaar!

    ⚠️ BAIE BELANGRIK: Jy koop EEN kaartjie en kry toegang vir TWEE dae – Vrydag én Saterdag.
    6 min
  • In Gesprek met Fanie Viljoen: ’n Bekroonde Skrywer op Toer in Namibië
    Jean-Louis Knouwds gesels met die bekroonde skrywer, skilder en illustreerder Fanie Viljoen van Bloemfontein. As wenner van onder meer die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur en die M.E.R.-prys, het hy hom gevestig as een van die gewildste stemme in Afrikaanse jeuglektuur.

    In hierdie inspirerende gesprek hoor ons meer oor sy kreatiewe proses, sy passie vir stories en hoe hy kinders se verbeelding aanwakker. Hy is tans op pad na Namibië waar hy verskeie skole gaan besoek en jong lesers gaan inspireer.
    5 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.