Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Marcel Theron gesels met veearts Mariëtte Beukes
    Vandag gesels Marcel Theron met veearts Mariëtte Beukes. Sy deel haar lief en leed in die beroep. Hoe begin haar dag en hoe hanteer sy die hartseer wat soms daar is.
    Elke spoor het ’n storie om te vertel.
    Moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
    5 min
  • Estie Schreiber en Jean-Louis gesels oor prostaatgesondheid
    Estie Schreiber en Jean-Louis gesels oor prostaatgesondheid – spesifiek die voorkoming en behandeling van nie-kwaadaardige prostaatvergroting. Is dit iets wat elke man met ouderdom gaan ervaar?
    A.Vogel Prostasan-kapsules, ’n natuurlike produk wat ondersteuning bied vir prostaatgesondheid, is beskikbaar sonder voorskrif by apteke landswyd.
    Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur jou navraag per e-pos na [email protected].
    13 min
  • Jessica Thomas gesels met die burgemeester van Lüderitz
    Elke dag maak ons spore. Van die plaas tot die stad, van klaskamers tot kantore en kombuise – elke beroep, elke roeping het sy eie ritme.
    Jessica Thomas gesels met die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao.
    Elke spoor het ’n storie om te vertel.
    Moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
    10 min
  • Jean-Louis gesels met Nantie van Aswegen van Karakter Transformasie Namibië
    Nantie van Aswegen praat gereeld met skole en kerke oor digitale burgerskap – ’n uiters belangrike onderwerp, veral ná die onlangse nuus oor onwettige WhatsApp-kanale wat kinders teiken. 📱🚨

    Weet jy met wie jou kind aanlyn gesels? Op watter groepe hulle is? Of wie dalk hul inligting steel?
    Nantie gee insig oor die gevare wat op jou kind se selfoon skuil.

    🎧 Luister in – wees ingelig. Wees betrokke. Jou kind se veiligheid begin by ’n gesprek.
    20 min
  • Anette Rheeder gesels oor die oorgangsjare
    Woensdagoggend gesels Anette Rheeder en Jean-Louis oor die oorgangsjare, warm gloede en nagsweet – met die natuur se hulp. A.Vogel Menoforce is in tabletvorm en beskikbaar by jou naaste apteek.

    Vir meer inligting, besoek https://livingnaturally.co.za/ of stuur jou navraag per e-pos na [email protected].
    11 min
  • Jessica gesels met Geraldo Bok van Kosoto MMA
    Elke dag maak ons spore. Van die plaas tot die stad, van klaskamers tot kantore en kombuise – elke beroep, elke roeping het sy eie ritme.
    Vandag gesels Jessica Thomas met Geraldo Bok, 'n Namibiese sportster en mede eienaar van Kosoto MMA . Wie is hy, wat inspireer hom en waarmee hou hy hom besig?
    Elke spoor het ’n storie om te vertel.
    4 min
  • Anette Rheeder gesels oor jou dermgesondheid
    Hierdie week gesels Anette Rheeder en Jean-Louis oor die belangrikheid van ’n gesonde dermkanaal – en hoe A.Vogel Molkosan jou daarmee kan help.
    A.Vogel Molkosan is beskikbaar by jou naaste apteek in 200 ml of 500 ml bottels, met die keuse tussen die oorspronklike of bessiegeur.
    Besoek gerus www.livingnaturally.co.za vir meer inligting of stuur jou navraag per e-pos na [email protected].
    15 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.