Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Maak Spore: Desiree Eises oor geloof, groei en moed
    Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Desiree Eises, ’n rekeninge-konsultant in Windhoek, aspirerende sangeres en ’n vrou wat haar stem gebruik om ander vroue te bemoedig.

    Hulle gesels oor haar persoonlike reis, die uitdagings en geleenthede wat haar gevorm het, asook die rol van geloof, groei en moed in haar lewe. ’n Eerlike gesprek oor waar sy vandaan kom, waar sy vandag staan en die spore wat sy op pad vorentoe wil maak.
    7 min
  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 31 Augustus 2026
    Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
    6 min
  • Francois Hanekom Jnr.: Die jongste Wanderers Ope-kampioen nóg
    Francois Hanekom Jnr. het geskiedenis gemaak deur die jongste speler nóg te word om die Wanderers Ope-toernooi te wen. Op pad na die titel het hy van Namibië se topspelers geklop, insluitend Kyle Kriel, Le-Hugo van Rooyen en die Namibiese nommer een, Arno Diekmann.

    Ons gesels met die jong muurbalster oor sy merkwaardige oorwinning, die voorbereiding wat hom tot die titel gelei het en sy ambisies en drome vir die toekoms.
    6 min
  • Van vlieënier tot stap- en toergids: Clive Bergh se avontuur deur Namibië
    Clive Bergh van Let’s Go Hiking Namibia vertel van sy unieke reis van vlieënier tot stap- en toergids. Hy deel sy passie vir die buitelewe, die ongelooflike avonture wat hy saam met stappers beleef en hoe hy Namibiërs help om die land vanuit ’n heel nuwe perspektief te ontdek.

    Van asemrowende landskappe tot uitdagende roetes – hierdie gesprek neem jou saam op ’n avontuur deur die hart van Namibië en wys waarom daar soveel meer aan ons land is wanneer jy dit te voet verken.
    7 min
  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 17 Augustus 2026
    Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
    3 min
  • ThreshHold: Verlig Pyn en Kry Jou Beweging Terug
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold en hoe dié natuurlike tablette en jel mense kan help wat met knie-, nek-, heup- of enkelpyn sukkel. Luister ook na Wietse se inspirerende verhaal en ontdek hoe ThreshHold hom gehelp het om weer met meer gemak te beweeg. ThreshHold is by apteke regoor Namibië beskikbaar.
    13 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.