Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Bek-en-klouseer: Wat nou vir Namibië se boere en verbruikers?
    Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou Unie, gesels oor die huidige bek-en-klouseer-situasie in Namibië. Wat kan gedoen word om verdere verspreiding te voorkom, wat beteken die beperkings vir boere en vleisuitvoere, en wat moet verbruikers weet oor vleis, melk en moontlike prysstygings?

    Luister na die volledige gesprek van Die Ene Ore op Kosmos 94.1.
    14 min
  • Bek-en-klouseer: Wat kan dit vir Namibië se ekonomie beteken?
    Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië kan ekonomiese gevolge hê wat veel verder strek as net die landbou- en veebedryf. Beperkings op veebewegings, bemarking, slagting en uitvoere kan druk plaas op produsente, vleispryse, werksgeleenthede en die breër ekonomie.

    Maar hoe groot kan die impak wees indien die situasie voortduur? En wat kan dit vir Namibië se uitvoere en ekonomiese groei beteken?

    Rome Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, gesels oor die moontlike ekonomiese gevolge van die bek-en-klouseer-uitbreking en wat die langertermyn-impak vir Namibië kan wees.
    10 min
  • Maatskaplike Voorsorgvoordele verhoog vanaf 1 Oktober: Wat beteken dit vir jou?
    Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou?

    In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander?

    Vandag gesels ons met Ben Nangombe, waarnemende uitvoerende hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, om dié en ander belangrike vrae oor die nuwe voordele te beantwoord.
    11 min
  • Bek-en-klouseer in Namibië: Wat beteken die uitbreking?
    Jean-Louis Knouwds gesels oor die jongste bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, nadat die siekte onder beeste op ’n kommersiële plaas in die Karasburg Staatsveeartsenydistrik bevestig is.

    Wat is bek-en-klouseer presies, hoe versprei die siekte en hoe ernstig is dit? Ons kyk ook na die impak van die uitbreking op boere, die Namibiese veebedryf en die breër publiek, asook wat die landwye opskorting van die beweging van gespletehoefdiere en hul produkte beteken.
    13 min
  • Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM
    Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte.

    Of jy nou ’n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik ’n rol speel, maar dit is belangrik om dit korrek te gebruik.

    Luister na die volledige gesprek om meer uit te vind.

    Vir meer inligting, besoek www.threshhold.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
    12 min
  • Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief
    Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak.
    10 min
  • Wêreld-renosterdag: Hou die Vyf Aan die Lewe
    Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.”

    Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie ’n belangrike rol speel in die beskerming van hierdie ikoniese diere.
    6 min
  • Nasionale Mondgesondheidsweek: Die belangrikheid van goeie mondgesondheid
    Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg.

    Goeie mondgesondheid is ’n belangrike deel van jou algemene gesondheid. ’n Bietjie ekstra aandag aan jou tande vandag kan ’n groot verskil aan jou gesondheid môre maak.
    8 min
  • Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van ’n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik.

    Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.
    13 min
  • Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore
    Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee.

    Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die spore wat ’n mens in ander se lewens kan laat.
    8 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.