Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

By Kosmos 94.1Arts
Download on the App Store

Kosmos 94.1 Gesprekke episodes

  • Namibië het goeie wette vir kinderbeskerming
    Die voormalige Namibiese kinder-advokaat het haar reaksie gegee op armoede wat 'n negatiewe impak op die gesondheid van Namibiërs het, veral kinders. Wanvoeding is steeds die nommer een moordenaar van kinders onder die ouderdom van vyf. Kindersterfte-syfers onder vyf jaar in die land is 46,7 per 1 000 geboortes. Advokaat, Ingrid Husselman het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië as 'n land het goeie wette en beleide wat kinders beskerm.
    1 min
  • Styging in massamoorde in SA
    Die Vryheidsfront Plus is besorg oor ʼn skerp toename in die voorkoms van massamoorde in die land. Tussen April 2019 en Desember verlede jaar het meer as 2 000 voorvalle gelei tot 5 709 sterftes. Slegs 103 verdagtes is aangekeer. Die minister van polisie, Bheki Cele, het hierdie syfers bekendgemaak na aanleiding van ʼn vraag van die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, in die parlement. Groenewald sê met ʼn moordkoers vyf keer hoër as die wêreld-gemiddeld is misdaad in Suid-Afrika buite beheer.
    1 min
  • DA: ANC kan nie gesondheidsgeriewe in stand hou
    Die DA in Gauteng sê inwoners van die provinsie wat afhanklik is van staats-gesondheidsorgdienste, het die slagoffers geword van swak besluite deur leiers van die regerende party, wat nie voldoende instandhouding van gesondheidsgeriewe verseker nie. Daar is weens die voortdurende druk van die party oor die toestand van instandhouding by gesondheidsgeriewe, met 'n ondersoek begin. Die DA-lid, Alan Fuchs, sê die ondersoek het bevestig dat hulle nie die nodige hulpbronne of kundigheid het om hul eie instandhouding te doen nie.
    1 min
  • Cope veroordeel Enoch se besluit oor Eskom
    Cope het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gekritiseer nadat hy sy besluit teruggetrek het om Eskom vry te stel van die bekendmaking van vrugtelose, verkwistende en onregmatige uitgawes in sy jaarverslae. Godongwana het enige bybedoeling ontken, en gesê sy besluit was gegrond op die kragvoorsiener se finansiële volhoubaarheid. Hy het vanoggend aangekondig die vrystelling is voorlopig teruggetrek. Cope se nasionale woordvoerder, Dennis Bloem, beweer die vrystelling het ten doel gehad om korrupsie by Eskom toe te smeer.
    1 min
  • Sommige paaie in Krugerwildtuin nog gesluit
    Besoekers het begin toesak op die Krugerwildtuin vir die Paas-skoolvakansie. SANParke sê sommige paaie is steeds gesluit ná oorstromings. Hekkwotas vir dagbesoekers sal gedurende die Paasnaweek ingestel word, en besoekers word aangeraai om aanlyn te bespreek voor hul besoek. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê besoekers moet by ontvangs of hekke kyk vir die jongste inligting.
    1 min
  • Estie Schreiber gesels oor jou immuniteit, en A.Vogel se "Echinaforce"
    Estie Schreiber gesels oor jou immuniteit. Die soldate van jou liggaam wat jou beskerm en jou genees. Die produk van A.Vogel, "Echinaforce" sal jou soldate bystaan met die nodige hulp en voeding. A.Vogel se "Echinaforce" is beskikbaar in tablet, Junior koutablet, druppels en in keel-sproei vorm. Beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels. Vir meer inligting besoek graag www.avogel.co.za, of stuur 'n e-pos na [email protected]
    13 min

About Kosmos 94.1 Gesprekke

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.