Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Ontleder waarsku oor Chinese sementuitbreiding in Suider-Afrika
    Handelsbeleids-ontleder Wallie Roux waarsku dat Cheetah Cement se beplande vervaardigingsaanleg in Gaborone, Botswana, deel vorm van 'n breër tendens van Chinese markkonsolidasie in Suider-Afrika. Die aanleg, met 'n beplande kapasiteit van 800 000 ton, volg nadat Cheetah Cement se voorgestelde samesmelting met Ohorongo Cement in Namibië ongeldig verklaar is. Roux sê die uitbreiding na Botswana kan China-gesteunde ondernemings in staat stel om voordeel te trek uit oorversadigde streeksmarkte, met moontlike gevolge vir plaaslike produksie en kwaliteitsstandaarde. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Verdagte vasgetrek in N$50 000-toeristebesprekingsbedrogspul
    Die polisie het 'n verdagte in hegtenis geneem in verband met 'n besprekings-bedrogspul van 50 000 Namibiese dollar wat op Italiaanse toeriste gemik was. Die hoof van bedrywighede by die Namibiese Toerisme-raad, Barbara Snyders-Bock, het die inhegtenisneming bevestig. Sy waarsku dat geregistreerde toerisme-operateurs wat by bedrog betrokke is, onmiddellik op 'n swartlys geplaas en strafregtelik vervolg kan word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Ekonoom waarsku oor druk van hoër rentekoerse en brandstofpryse
    Reaksie word ontvang op die onlangse verhogings in die repokoers en brandstofpryse. Die repokoers is verlede week tot 7 persent verhoog, terwyl petrol met N$2 per liter en beide soorte diesel met N$3 per liter gaan styg. Die nuwe brandstofpryse tree vanaand om middernag in werking. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu dat die regering 'n fyn balans moet handhaaf om inflasie in toom te hou, maar terselfdertyd te verseker dat verbruikers nie onder oormatige finansiële druk geplaas word nie:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • Capricorn Eagles vertrek vir viernasies-reeks in Uganda
    Die Capricorn Eagles vertrek na Uganda om van 6 tot 14 November in Kampala aan die viernasies-Victoria-reeks deel te neem. Hulle kom teen Uganda, die VSA en Rwanda te staan. Johan Müller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, sê die harde werk wat die span ingesit het, behoort tydens die toer vrugte af te werp. Hy het vanoggend tydens die span se afskeidsgeleentheid in Windhoek gepraat.
    1 min
  • Weer: Hittegolf keer terug, met temperature bo 40 grade in die noordooste
    Hoë temperature sal na verwagting na die binneland terugkeer, met die noordooste wat die swaarste onder die hitte sal deurloop. In Katima Mulilo kan temperature 40 grade Celsius oorskry, terwyl die hitte later vandeesweek na die Kavango-streke sowel as die sentrale en noordelike dele sal versprei. Albertina Anderson van die weerdiens sê kusgebiede sal koeler bly, met temperature in die 20's en miskolle vroeg in die oggend.
    1 min
  • Learjet 60 het moontlik reeds voor impak opgebreek
    Amerika se Nasionale Vervoer-veiligheidsraad sê daar is bewyse dat die vliegtuig wat Sondag in Florida neergestort het, moontlik in die lug al begin opbreek het voor dit neergestort en ontplof het. Nege mense aan boord van die Learjet 60, wat van Austin, Texas, na die Bahamas op pad was, is dood. ʼn Tegniese ingenieur en sy jong gesin, asook die 20-jarige medevlieënier, is in die voorval dood. ʼn Lid van die veiligheidsraad, Tom Chapman, sê weerstoestande kon ook ʼn rol in die ongeluk gespeel het:

    Tom Chapman Dinsdag
    1 min
  • Zambiese LP moedig jong Namibiërs aan om hul toekoms te bepaal
    Die Zambiese parlementslid Fingani Mbulo het afgevaardigdes by die onlangse Jeug in Politiek-beraad in Windhoek aangemoedig om verantwoordelikheid te neem vir die vorming van hul eie toekoms. Hy sê hoewel jongmense meer as 70 persent van Namibië se bevolking uitmaak, bly hulle onderverteenwoordig in politieke besluitneming.
    1 min
  • Wes-Kaapse taxiverenigings verbind tot einde aan dodelike geweld
    Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ondernemings deur die taxi-verenigings CATA en CODETA verwelkom om geweld in die minibustaxi-bedryf te beëindig. Geweld rondom betwiste roetes in Delft, Langa en Epping, het verlede week 12 lewens geëis ná groeiende spanning die afgelope maand tussen die mededingende verenigings. Die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê albei verenigings het ingestem om deel te neem aan 'n proses waartydens onafhanklike fasiliteerders sal help om kwessies in die bedryf te bespreek en op te los:
    1 min