Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA Reserwebank: El Niño kan voedselpryse volgende jaar opstoot
    Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku die El Niño-weerpatroon kan voedselpryse volgende jaar opstoot. Die bank waarsku voorts veranderende weerpatrone kan landbouproduksie raak en tot hoër voedselkoste lei. Die president Lesetja Kganyago het by 'n media-inligtingsessie gesê waterbeperkings is reeds in die Wes-Kaap ingestel weens lae damvlakke. Kganyago het bygevoeg die bank sal voortgaan om weersomstandighede en die moontlike impak daarvan op pryse te monitor:
    1 min
  • Ndengu vra groter ondersteuning vir mans en seuns
    Die voorsitter van die Khomas-streeksraad, Stefanus Ndengu, sê groter aandag moet gegee word aan die uitdagings waarmee mans en seuns te kampe het, waaronder geestesgesondheidsprobleme, werkloosheid, dwelmmisbruik en hoë selfmoordsyfers. Tydens die onlangse Internasionale Mansdagviering het Ndengu gepleit vir ondersteuning sonder veroordeling, verantwoordelike vaderskap en mentorskap. Hy het ook die belangrikheid van gesamentlike optrede beklemtoon om geslags-gebaseerde geweld te bekamp.
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Russiese ontleders skepties oor Trump en Poetin se gesprekke
    Voormalige Russiese diplomaat Yury Lindre sê Russiese ontleders bly versigtig oor die jongste gesprekke tussen Amerikaanse president Donald Trump en Russiese president Vladimir Poetin tydens die APEC-beraad in China. Die twee leiers het Oekraïne bespreek, terwyl kernwapen-beheer en Iran ook deel was van die breër gesprekke. Daar is egter geen deurbraak aangekondig nie. Lindre wys daarop dat hul vorige ontmoeting in Alaska in Augustus 2025 nie die oorlog in Oekraïne beëindig het nie. Hy meen Washington se verhoudinge met Europese bondgenote en NAVO bly ook ’n belangrike faktor in die onderhandelinge.
    1 min
  • MISA: SAners benodig laer rentekoerse ondanks onveranderde repokoers
    Die Motornywerheid-personeelverenging sê werkende gesinne het verdere rentekoersverlagings nodig om die druk van stygende lewenskoste te verlig. Die vakbond het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers onveranderd op 7,25-persent te hou. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola sê laer rentekoerse sal huishoudings meer finansiële verligting bied, voertuigverkope ondersteun en help om werksgeleenthede in die motorbedryf te beskerm:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA Interministeriële Komitee verwelkom Beitbrug se nuwe vlugtelingkantoor
    Die Suid Afrikaanse Interministeriële komitee oor Migrasie het bevestig die eerste tydelike Vlugteling-ontvangskantoor sal 11 Desember by Beitbrug geopen word. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het ook die bekendstelling van Fase Een van die Departement van Binnelandse Sake se aanlyn stelsel vir asielregistrasie wat op 10 November begin het, verwelkom. Kubayi sê die inisiatief het ten doel om agterstande te verminder, doeltreffendheid te verbeter en immigrasiebeheer te versterk. Sy het beklemtoon aansoekers sal steeds persoonlike biometriese verifikasie moet ondergaan:
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    6 min
  • Bipa en Namfisa versterk samewerking oor regulatoriese toesig
    Bipa en Namfisa versterk hul samewerking om regulatoriese toesig te verbeter en dit vir ondernemings makliker te maak om aan wetlike vereistes te voldoen. Die twee instellings het ’n ooreenkoms onderteken wat die uitruil van besigheidsinligting en besonderhede oor uiteindelike begunstigde-eienaarskap sal vergemaklik. Dit sal ook beter koördinering oor regulatoriese vereistes en gesamentlike bewusmakingsveldtogte moontlik maak. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het meer:
    1 min