Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul
    Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer, waarvan sowat 110 kilometer uit spesiale sneltrajekte bestaan. Francois Lottering van Kosmos 94.1 is daar en doen verslag:
    2 min
  • Staalbedryf in SA het dringend hulp nodig
    Die vakbond Solidariteit sê die regering moet die staalbedryf dringend ondersteun deur elektrisiteitskoste te verlaag en plaaslike vervaardigers beskerm teen goedkoop staalinvoere uit China. Dit volg na Ferroglobe se besluit om sy smeltoonde in Witbank een die einde van die maand tydelik te sluit, wat sowat 200 werkgeleenthede in die gedrang bring. Cornelius van Leeuwen van Solidariteit sê die afname in plaaslike vraag en goedkoop invoere plaas verdere druk op die bedryf en bedreig werksgeleenthede:
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • BKS kos Namibië N$150 per sekonde
    Dit is nou sewe weke sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië en die land verkeer in 'n nasionale krisis, sê Roelie Venter, die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie. As die impak op die totale waardeketting van die landboubedryf in ag geneem word, verloor die land 150 Namibiese dollar per sekonde, het Venter aan Informanté gesê.
    1 min
  • Die nuus om 07:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Op'ie Kantlyn, 13 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min