Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Stilstaande hoëdrukstelsel dryf Namibië se hittegolf aan
    Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • IAEA identifiseer ernstige leemtes by Wings-uraanprojek
    Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Versekeringskenners waarsku oor feestydrisiko's
    Soos die feestyd nader kom, waarsku versekeringskenners dat meer verkeer op die paaie, huise wat vir lang tye onbewoon gelaat word en duur aankope huishoudings aan groter finansiële risiko's kan blootstel. Old Mutual Korttermynversekering sê Desember is een van die tye van die jaar wanneer ongelukke, inbrake en weersverwante skade meer algemeen voorkom. Die maatskappy se hoofbestuurder van verkope en onderskrywing, Johannes Hesekiel, doen 'n beroep op verbruikers om hul versekeringsdekking betyds voor die vakansie te hersien.
    1 min
  • Tennis: Alcaraz klop Shelton om Paryse Meesters eerste keer te wen
    Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het sy eerste Paryse Meesterstitel ingepalm en sy nederlaag teen Ben Shelton tydens die Amerikaanse Ope gewreek. Die Spanjaard het in skoon stelle gewen vir sy negende agtereenvolgende wedstryd-oorwinning en vyfde titel in ses eindstryde vanjaar. Dit is ook Alcaraz se negende ATP-meesters-een-duisend-titel, terwyl Shelton gemik het na sy derde. Alcaraz sê hy wou al lankal in die Franse hoofstad wen:
    1 min
  • Eenhana en Duitsland span kragte saam vir plaaslike ontwikkeling
    Eenhana en Duitsland se Salzland-distrik het ’n vennootskap aangegaan om samewerking op verskeie gebiede te bevorder. Die ooreenkoms fokus onder meer op onderwys, sport, beroepsopleiding en gemeenskapsontwikkeling, met die uitruil van kennis, vaardighede en tegnologie as belangrike doelwitte. Die Duitse afvaardiging het tydens die besoek ook meer oor Ohangwena se ekonomiese potensiaal, ontwikkelingsprioriteite en plaaslike uitdagings geleer. Eenhana se burgemeester, Omri-Onn Kavandje, sê die vennootskap is ’n geleentheid om die streek se uitdagings en geleenthede aan potensiële Duitse vennote bekend te stel.
    1 min
  • Stoeifederasie vra steun vir Ester Abraham by Sporttoekennings
    Die Namibiese Stoeifederasie doen 'n beroep op almal om die stoeier Ester Abraham te ondersteun deur vir haar te stem in die 2026 Sporttoekennings, wat op 14 November plaasvind. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die sekretaris-generaal van die federasie, Anke Erasmus, sportlieghebbers aangemoedig om saam te staan en Abraham se benoeming te ondersteun. Abraham is genomineer vir die Sportvrou van die Jaar- en die People's Choice-toekennings.
    1 min
  • Motorsport: Norris wen in São Paulo, Mercedes kroon kampioen
    Die McLaren-renjaer Lando Norris het ná ʼn teleurstellende wegspring in nat toestande herstel en die Brasiliaanse Formule Een Grand Prix in São Paulo gewen. Max Verstappen, wat in die 21ste plek weggespring het, was tweede en sy Red Bull-spanmaat Isack Hadjar derde. gevolg deur George Russell en die nuwe wêreldkampioen, Kimi Antonelli. Mercedes het die vervaardigerskampioenskap die negende keer beklink, wat die rekord ewenaar. Mercedes se spanhoof, Toto Wolff, is trots op hulle prestasie:
    1 min
  • Verdagte vas ná moord op oud-Knysna-burgemeester
    Die taakspan oor politieke moorde het ʼn 44-jarige vermeende sluipmoordenaar gearresteer in verband met die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa. Hy is in Augustus in Joodsekamp, Knysna, doodgeskiet terwyl hy saam met drie ander, wat die aanval oorleef het, op pad was huis toe. Nog drie verdagtes is dae na die moord vasgetrek. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die vermeende sluipmoordenaar verskyn vandag in die Knysna-landdroshof:
    1 min