Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Landbou-ministerie waarsku teen loslopende vee te midde van BKS-risiko
    Die Ministerie van Landbou waarsku dat vee wat vrylik langs paaie rondloop, pogings om bek-en-klouseer te beheer, kan ondermyn. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê boere moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul vee, aangesien onbeheerde diere die opsporing van siektegevalle en die toepassing van beheermaatreëls bemoeilik. Hy beklemtoon dat boere moet toesien dat hul diere behoorlik beheer en identifiseerbaar is.
    1 min
  • Oliepryse styg te midde van spanning tussen VSA en Iran
    Oliepryse het weer gestyg te midde van hernude spanning tussen die Verenigde State en Iran, wat kommer oor moontlike militêre eskalasie in die Midde-Ooste laat ontstaan. Brent-ruolie het vanoggend tot sowat 99 dollar per vat gestyg, nadat dit ná die Amerikaanse middeltermynverkiesing tot ongeveer 95 dollar gedaal het. Ekonoom Dawie Roodt meen die styging behoort nie noodwendig op lang termyn kommer te wek nie. Hy verwag dat oliepryse weer kan daal, namate die nuutverkose Demokrate in Januarie hul plekke in die Kongres inneem.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Jeugorganisasie eis groter inspraak van outistiese mense in beleidmaking
    Na visepresident Lucia Witbooi se oproep om stigma te beëindig tydens die Wêreld Outisme-organisasie se Kongres in Windhoek, sê die Namibiese Organisasie van Jeug met Gestremdhede dat die deelname van outistiese mense aan nasionale beleidmaking onvoldoende is of nie bestaan nie. Die organisasie se woordvoerder, Otto Gottlieb, sê dat ware insluiting vereis dat ruimte geskep word vir outistiese individue om vir hulself te praat, eerder as om op ander staat te maak om hulle te verteenwoordig. Gottlieb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • NERSA registreer 144 hernubare energie-opwekkingsaanlegte
    Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tydens die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar 144 aanlegte geregistreer vir die opwekking van hernubare energie. Die son- en windkragaanlegte het 'n gesamentlike totale vermoë van drie-duisend-129 megawatt, met 'n geraamde beleggingswaarde van 78,16-miljard-rand. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die aansoeke is binne gemiddeld nege werksdae verwerk, met Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal wat die voortou neem wat die aantal registrasies van nuwe aanlegte betref:
    1 min
  • Finale been van Nasionale Enduro-kampioenskap môre
    Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap vind môre by die Gallina-baan, noord van Windhoek, plaas. Sowat 40 ryers sal in agt klasse meeding. Enduro gaan nie bloot oor spoed nie, maar oor die vaardigheid om 'n motorfiets deur uitdagende en moeilike terrein te stuur. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het meer.
    1 min
  • Koeler weer en reën op pad
    Warm toestande duur voort in dele van Namibië, met binnelandse temperature wat na verwagting tot in die hoë 30's sal styg. Koeler weer en moontlike reën word egter oor die naweek in verskeie dele van die land verwag. Albertina Anderson van die Namibiese Meteorologiese Diens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    4 min
  • SA NATJOINTS sê 21 polities gemotiveerde moorde is in verkiesingstyd aangemeld
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê 21 moordsake wat met politieke motiewe verband hou, is tydens die verkiesingstydperk geregistreer. Dit sluit in die moord op ʼn MK-partylid in KwaZulu-Natal, ʼn ANC-raadslid in die Oos-Kaap en ʼn EFF-lid in Polokwane, Limpopo. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê 85 voorvalle is op stemdag aangemeld, waarna 57 dossiere geopen en 27 mense gearresteer is:
    1 min
  • Haufiku: Lugambulans is net ’n tydelike oplossing vir gesondheidsuitdagings
    Voormalige gesondheidminister Bernard Haufiku sê die nuwe staats-lugambulans is 'n tydelike oplossing wat nie gewone ambulanse kan vervang of medisynetekorte kan oplos nie. Hy sê dat langtermyn-gesondheidsdienslewering daarvan afhang dat distrikshospitale toegerus word met die nodige hulpmiddels en spesialiste om pasiënte plaaslik te behandel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min