Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Hakeem Jeffries vra vir stappe om KI te beheer
    Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het 'n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat 'n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en waarsku dit kan menslikheid uitwis as dit nie dopgehou word nie. Jeffries sê Amerikaners moet die voordele van kunsmatige intelligensie benut onder om onderwerp te word aan die baie werklike en gevaarlike nadelige aspekte:
    1 min
  • Gautengse wetgewer waarsku teen reeksmoordenaar bespiegelinge
    Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met 'n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku het die publiek versoek om gerugte te vermy wat die polisie-ondersoek kan belemmer of onnodige paniek kan veroorsaak:
    1 min
  • Nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 September 2026
    Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
    3 min
  • Cosatu se verkiesingskongres verval in chaos
    Die vakbondfederasie Cosatu se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid rondom Shingange se status as president van nasionale werkersvakbond Nehawu. Shingange sê hy is vol vertroue dat 'n kompromie bereik sal word.
    1 min
  • Joernaliste se arbeidsregte moet gerespekteer en beskerm word
    Die LPM doen 'n beroep op beter arbeidspraktyke by mediahuise en verwys na beweerde voortdurende onregverdige behandeling van joernaliste deur sekere senior bestuurders. Die party sê dat joernaliste se arbeidsregte kragtens arbeidswetgewing gerespekteer en beskerm moet word, en vra mediabestuurders om gesonde en etiese arbeidspraktyke te handhaaf. Eneas Emvula, die LPM se adjunk-operasionele sekretaris, praat met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Waterwet maak nie regstelling oor lisensie vereistes nie
    AfriForum sê die Nasionale Waterwet maak nie ‘n regstelling op ’n afsonderlike vereiste waaraan voldoen moet word voordat ’n aansoek om ’n waterlisensie oorweeg kan word nie. Die organisasie betwis ’n vereiste op die Departement van Water en Sanitasie se aanlynstelsel wat van aansoekers verwag om aan te toon hoe hul voorgestelde watergebruik, vorige rasse- en geslagsdiskriminasie sal aanspreek. Marais de Vaal van AfriForum sê die vereiste kan belegging, werksgeleenthede en die produktiewe gebruik van water raak:
    1 min
  • Lynministerie sê oor vertragings in pensioengeld, registrasie
    Klagtes oor vertragings met die uitbetaling van oumenspensioen, sowel as vertragings met die registrasie van nuwe begunstigdes, duur voort. Dit kom na rondom 16 000 begunstigdes hulself moes verifieer. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku, gepraat, wat sê dat daar 'n 60-dae wagtydperk vir nuwe pensioenarisse is, en dat betalings eers begin sodra hulle suksesvol geregistreer is.
    1 min
  • Kempton-moorde: DNS toetse om drie vroue uit te ken
    DNS-toetse word uitgevoer om drie vroue uit te ken wie se liggame in Kemptonpark, Ekurhuleni, gevind is. Die Gautengse Departement van Gesondheid help met die polisie-ondersoek na die dood van vyf vroue wie se liggame tussen Julie en vandeesmaand gevind is. Twee van die vroue is reeds uitgeken, terwyl drie nog geïdentifiseer moet word. Steve Mabona van die Departement doen 'n beroep op die families van vermiste persone om met die Forensiese Patologiediens in Germiston in verbinding te tree:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…