Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Mamdani sleep Trump-administrasie hof toe oor immigrante
    New York lei 'n koalisie van 21 ander state en die Distrik van Columbia in 'n regsgeding teen die administrasie van president Donald Trump oor 'n nuwe beleid wat immigrasiebeamptes in staat sal stel om immigrante te straf vir die wettige gebruik van openbare voordele. Die reëlverandering sal dit waarskynlik vir baie immigrante moeiliker maak om permanente verblyf te kry indien hulle openbare voordele soos voedselbewyse of Medicaid gebruik het, of moet gebruik. Die burgemeester van New York, Zohran Mamdani, het die beleid as onwettig en wreed bestempel:
    1 min
  • Warriors sê Rusland die stryd aan
    Die Brave Warriors sal op 3 Oktober in Jekaterinburg, Rusland, teen die Russiese nasionale sokkerspan te staan kom in 'n historiese internasionale vriendskaplike wedstryd. Dit sal die eerste keer wees dat die Brave Warriors hul span teen 'n Europese teenstander in 'n onbekende sokkeromgewing toets. Hoofafrigter Collin Benjamin sê dit is 'n waardevolle geleentheid om die span se vaardighede en fisieke vermoëns teen teenstanders hoër op die wêreldranglys te toets.
    1 min
  • Toekenning van dranklisensies sonder ruimtelike studies onder die loep
    Menseregte-aktivis Rosa Namises kritiseer die regs- en regulatoriese stelsel vir die vrylike toestaan van alkohollisensies sonder behoorlike ruimtelike of gemeenskapsimpakstudies. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Namises dat voordat owerhede probeer om individuele oortreders te reguleer, die regering streng wetlike toesig moet afdwing en onwettige sjebiens dadelik moet sluit:
    1 min
  • Dinsdag, 15 September 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Die oggendstond het goud in die mond, sê hulle. Nie net die oggend nie, maar ook Namibië se uitvoere van dié gesogte kommoditeit. KosmosKapitaal praat met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen oor hoekom gouduitvoere se syfers so blink.
    3 min
  • Akkerbouers moet kop hou met diesel, El Niño
    Landboukundige Kobus Laubscher sê gewasprodusente moet waak teen paniek-kostebesnoeiings na skerp dieselprysverhogings voor die somerplantseisoen. Hy sê impulsiewe besnoeiings bedreig gewasopbrengste en op die ou end streek-voedselsekuriteit. Met onvoorspelbare El Niño-weer wat koste sal verhoog, sê hy dat boere hul beplanning moet aanpas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Laerhowe, landdroste staar reuse uitdagings in die gesig
    Direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, waarsku dat die laerhowe onder ernstige hulpbron- en personeeltekorte wankel, wat kritieke grondvlak geregtelike kwessies negatief raak. Hancox sê dat landdroste en aanklaers onveilige langafstandreise en ernstige operasionele tekorte in die gesig staar, insluitend 'n gebrek aan basiese opnametoerusting. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat vertragings in ondersoeke ook kwesbare verhoorafwagtendes vasvang in oorvol polisieselle. Sy het meer:
    1 min
  • Forum eis Majodina se bedanking na kru taal, beledigings
    Die Citizens and Activists Forum eis die afdanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, ná beweerde onbehoorlike gedrag tydens inwoners-vergaderings. Woordvoerder Dennis Bloem sê Morero het glo 'n inwoner van Soweto beledig en Majodina het na bewering op 'n gestremde inwoner geskree en kru taal gebruik. Hy sê president Cyril Ramaphosa bestempel die optrede as onaanvaarbaar, en vra onmiddellike ingryping:
    1 min
  • Visverbruik en sakegeleenthede kry hupstoot in Erongo
    Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses se Visverbruik-bevorderingsprojek van 2,6 miljoen Namibiese dollar is in Swakopmund van stapel gestuur om die plaaslike gebruik en eet van vis te bevorder en sakegeleenthede in die streek se sewe kiesafdelings te skep. Sy sê dat mariene hulpbronne aan landsburgers behoort en dat vis die kusgemeenskappe deur werkverskaffing moet bevoordeel, eerder as om net uitgevoer te word.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…