Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Trump blameer Oekraïne vir dieselprys
    President Donald Trump van Amerika het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, gevra om aanvalle op Russiese diesel-raffinaderye te staak en sê dit veroorsaak ʼn wêreldwye tekort. Kiëf val Moskou se olie- en gasbedryf met langafstand-wapens aan, wat gelei het tot rantsoenering en dat Moskou in Julie diesel-uitvoere verbied het. Rusland het die afgelope weke sy lugaanvalle verskerp, en gebruik ballistiese missiele en straal-aangedrewe hommeltuie om Oekraïne se kragnetwerk te teiken. Trump sê daar is baie ander teikens wat Zelensky kan tref:
    1 min
  • R9m se nagemaakte goedere in Pretoria gevind
    Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het op nagemaakte goedere ter waarde van meer as 9 miljoen Suid-Afrikaanse rand beslag gelê tydens 'n multidissiplinêre operasie in Marabastad, Pretoria. Meer as 10 000 nagemaakte items, insluitend handelsmerk-sportklere, skoene, skoonheidsmiddels en selfone, is tydens die weeklange optrede gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die klopjag was deel van voortgesette landwye pogings om die onwettige handel, vervaardiging en verspreiding van nagemaakte en onwettige goedere in Suid-Afrika te ontwrig en te ontbloot:
    1 min
  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    7 min
  • KI kan vooruitgang bring maar daar is risiko's - Ramaphosa
    President Cyril Ramaphosa sê kunsmatige intelligensie kan 'n nuwe era van produktiwiteit en menslike vooruitgang inlui, maar waarsku teen ernstige risiko's indien gevorderde stelsels menslike beheer sou ontsnap. Ramaphosa het tydens die Brics-leiersberaad in Nieu-Delhi, Indië, gesê die bedreigings sluit in gevorderde kuberaanvalle, die ontwikkeling van biologiese wapens, massa-waarneming, werksverliese en moeilik beheerbare outonome stelsels. Hy sê mense moet nie bang wees vir kunsmatige intelligensie nie en nie roekeloos daarmee werk nie:
    1 min
  • Enkelgebruike-dampe moet verbied word - Nanso
    Nanso doen 'n beroep op 'n totale verbod op die invoer van enkelgebruik-dampe, met verwysing na kommerwekkende gebruiksyfers onder laerskoolleerlinge. Woordvoerder Ndayola Mulongeni het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Tabakprodukte uiteindelik wetlike skuiwergate rondom e-sigarette en hookah-produkte sal uitskakel. Mulongeni het gewaarsku dat ouderdomsbeperkingsregulasies alleen misluk weens swak afdwinging, en onthul dat laerskoolhoofde tans flesse dampe wat as penne vermom is en merkers van leerders in grade een tot sewe konfiskeer:
    1 min
  • Shane Lowry vier rekordoorwinning van elf houe by die Ierse Ope
    Gholf: Die tuisgunsteling Shane Lowry het 'n rekordoorwinning van elf houe by die Ierse Ope behaal. Die 39-jarige het die laaste ronde met sewe onder 63 voltooi om op 23 onder baansyfer te eindig. Dit was sy sewende loopbaantitel en tweede Ierse Ope. Die Amerikaner Patrick Reed en Joaquin Niemann van Chili was gesamentlik tweede op 12 onder syfer. Die Noord-Ier en verdedigende kampioen Rory McIlroy het op 67 klaargemaak vir 'n teleurstellende gelykopuitslag in die 41ste plek, 22 houe agter Lowry. Lowry het sy oorwinning as skouspelagtig beskryf:
    1 min
  • 18 dood on N1-ongeluk Prins Albertweg en Leeu-Gamka
    Agtien mense is dood in ʼn botsing op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap. Twee minibustaxi’s en ʼn stasiewa was in die ongeluk betrokke. Drie mense is ernstig beseer. Die Departement van Mobiliteit se woordvoerder, Muneera Allie, sê die N1 bly in albei rigtings gesluit. Sy het motoriste aangeraai om die alternatiewe roete te gebruik oor Prins Albertweg-stasie, die R407 na die N12, en dan na Beaufort-Wes:
    1 min
  • Namibiese maatskappye moet meer mededingend word
    Terwyl Namibië voorberei om 'n groter rol in die olie- en gassektor op see te speel, word plaaslike maatskappye aangemoedig om op meer as net die nakoming van vereistes vir plaaslike inhoud te fokus. Dirk van Schalkwyk, uitvoerende direkteur van Welwitschia Services Group, sê Namibiese ondernemings moet die prestasie, veiligheidstandaarde en bedryfsvermoë toon wat nodig is om met gevestigde internasionale kontrakteurs mee te ding. Hy sê beleid oor plaaslike inhoud kan die deur oopmaak, maar dit is bewese vermoë en uitnemendheid wat uiteindelik die kontrakte sal verseker.
    1 min
  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Boeredag ondersoek slimmer boermetodes
    Schumacher Bonsmaras het die naweek 'n suksesvolle boeredag op die plaas Eenzaamheid in die Seeis-omgewing, oos van Windhoek, aangebied onder die tema 'Boer slimmer vir moeiliker seisoene'. Marc Schumacher, eienaar van Schumacher Bonsmaras, sê die opkoms toon dat boere gretig is vir gesprekke oor landbou, en spesifiek beesboerdery. Hy gee 'n oorsig.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…