Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Privaatsektor deelname aan logistiek werp vrugte af
    Die Forum for South Africa sê pogings om Suid-Afrika se vraglogistiekstelsel te herstel, begin vrugte afwerp. Dit volg nadat Transnet 'n wins van 4,6-miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken het vir die boekjaar wat in Maart 2026 geëindig het. Dit is 'n beduidende ommeswaai vergeleke met die netto verlies van 1,9-miljard-rand die vorige jaar. Die leier van die forum, Tebogo Mashilompane, sê deelname deur die privaat sektor speel 'n belangrike rol in die modernisering van die land se logistieke infrastruktuur:
    1 min
  • Die 08:00 bulletin
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Die nuus om 07:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • Zverev vat Amerikaanse Ope
    Die topgekeurde Alexander Zverev het die plaaslike gunsteling, Ben Shelton, geklop en sy eerste Amerikaanse Ope-titel gebuit. Die Duitser het die agste gekeurde Amerikaner verslaan en sy tweede Grand Slam-titel opgeraap. Die 29-jarige speler is slegs die vierde man in die Ope Era se geskiedenis wat in dieselfde seisoen met sy eerste twee Grand Slam-titels spog, nadat hy in Junie ook op Roland Garros koning gekraai het. Zverev sê 2026 is sy suksesjaar ná jare se gesukkel:
    1 min
  • Winde waarsku oor El Niño se impak op landbou
    Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, waarsku die landbousektor om hulle nou vir die uitwerking van El Niño voor te berei. Winde sê boere, munisipaliteite en die regering moet vroegtydig optree om lewensbestaan te beskerm en risiko's te verminder. Hy sê hoewel die ergste gevolge van El Niño gewoonlik in somerreënvalgebiede gevoel word, staar die Wes-Kaap risiko's in die gesig, insluitend hoër temperature, 'n groter gevaar van veldbrande en toenemende druk op waterbronne.
    1 min
  • Parlementstuine steeds gesluit, na amper 10 jaar
    Openbare toegang tot die Parlementstuine in Windhoek bly beperk, met owerhede wat bevestig dat 'n spesifieke datum vir 'n volle heropening nog nie bepaal is nie. Die tuin is in Januarie 2017 gesluit vir rehabilitasie. Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, het verduidelik dat terwyl voortgesette rehabilitasie- en restourasiewerk voortduur om die terrein gesluit te hou vir algemene publieke gebruik, fotografie en ontspanning, beperkte beheerde toegang tans toegelaat word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Grootfontein skou later die maand
    Die Grootfontein-skou keer van 23 tot 25 September terug en bring kampioen perde, toonaangewende veetelers, landbou, kos, gesinsvermaak en die legendariese Grootfontein-kuier saam. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-organiseerder Bianca Coetzee gesels wat sê dat vanjaar se skou met ’n optog in seerowerstyl begin, sowel as verrassings-"ontvoerings" van plaaslike sakelui. ‘n Fondsinsamelingsveiling, kompetisies en hope pret word oor die drie dae belowe.
    1 min
  • Etosha-brand: Waar's die planne, hulpbronne?
    Die jongste veldbrande in die Etosha Nasionale Park het gelei tot hernude oproepe om beter paraatheid en reaksie ten opsigte van veldbrande in Namibië. Meer as 18 000 hektaar is reeds verwoes. Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewingsake en toerisme, sê die brande wat oor die naweek in die Halali-, Kamaseb- en Tsam-gebiede aangemeld is, beklemtoon ernstige kommer oor die land se vermoë om op groot veldbrande te reageer. Hy sê die herhaling van groot brande, minder as 'n jaar na die verwoestende Etosha-brand van 2025, laat vrae ontstaan oor paraatheid, koördinering en hulpbronne. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die nuus om 06:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • Maandag, 14 September 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Banke en groot winste - maar wat beteken dit vir die sakesektor? FirstRand Namibia se uitvoerende hoof, Conrad Dempsey, vertel meer van dié groep se bydrae in sy afgelope boekjaar. En ons hoor by Bennett Kahuure, direkteur van parke in die ministerie van die omgewing en toerisme, net hoe belangrik die wettige trofeejagbedryf vir Namibië is.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…