Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Benjamin kies sy span vir Afcon kwalifiseringsreeks
    Die hoofafrigter van die Brave Warriors, Collin Benjamin, het sy voorlopige groep vir Namibië se openingswedstryde vir die Afcon-kwalifikasie teen Kongo-Brazzaville en die Comore aangewys en sy keuses verdedig om "honger, fiks en opkomende spelers" te prioritiseer. Benjamin voeg by dat spelers wat uitgelaat is, soos Ryan Nyambe, steeds kan aansluit sodra hulle fiks en gereed is.
    1 min
  • Logistieke sektor voel die dieselprys
    Die land se logistieke- en vervoer-sektor is nou onder verdere druk na die jongste brandstofprysverhogings die week ingeskop het – met vervoer, vrag en verbruikerspryse wat ook die hoogte sal inskiet. Met Namibië se beperkte spoorwegnetwerk maak logistieke hewig staat op vragmotors om goedere te vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel van die Namibiese Logistieke-vereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gepraat. Hy sê die jongste verhoging het 'n direkte impak op vervoerkostes.
    1 min
  • Die 12:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • TLU SA vra vir beter wapenbeheer
    Die landbou-organisasie TLU SA doen 'n beroep op die regering om beslis op te tree om die verspreiding van vuurwapens in staatsbewaring na misdadigers se hande aan te spreek. Die organisasie het die onlangse voorval van 'n gewese polisiebeampte, Christiaan Prinsloo, beklemtoon wat tussen 2007 en 2015 sowat twee-duisend vuurwapens uit polisiebewaring aan misdadigers verskaf het. Bennie van Zyl van TLU SA sê die wapens moes vernietig word, maar is in plaas daarvan gesteel en aan bendes op die Kaapse Vlakte verkoop.
    1 min
  • Vance sê geen stopdatum vir Iran oorlog
    Amerika se adjunkpresident, JD Vance, sê hulle gaan nie ʼn tydlyn stel vir die einde van die oorlog teen Iran nie. Hy sê dit hang van Teheran af wanneer die konflik, wat ses maande gelede begin het, gaan eindig. Die twee lande is weer besig met aanvalle op mekaar terwyl Iran beheer oor die Straat van Hormuz probeer behou. Vier mense, insluitend twee kinders, is volgens berigte dood in ʼn Amerikaanse aanval op ʼn troue in ʼn dorpie naby die seeweg. Vance sê daar is geen onderhandeling met Iran in die vooruitsig nie:
    1 min
  • Cosatu het kommer oor inentingskoers onder kinders
    Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor die krisis met die inenting van kinders. Die Departement van Gesondheid het dit 'n openbare-gesondheidsnoodtoestand verklaar. Volgens die departement het die gedeelte van kinders jonger as een jaar oud wat nie inentings ontvang het nie van 12,1-persent in 2017 tussen Januarie en April vanjaar tot 36,3-persent gestyg. Dit laat een uit elke drie babas geheel en al weerloos. Matthew Parks van Cosatu sê dit stel die land bloot aan agteruitgang nadat groot vordering sedert 1994 gemaak is met voorkoming van sterftes van kinders onder vyf jaar oud:
    1 min
  • NamPol oorweeg 0% alkohol beperking op paaie
    NamPol oorweeg wetswysigings om 'n nul-persent alkohol limiet vir bestuurders in te stel na 'n skerp toename in dronkbestuurgevalle en noodlottige padongelukke. Die hoof van verkeer, adjunkkommissaris Rozario Coetzee, sê dat 'n groeiende aantal motoriste bestuur nadat hulle alkohol ingeneem het, wat owerhede aanspoor om huidige wetlike drempels te heroorweeg. Coetzee het met OneAfrica gepraat.
    1 min
  • Die 10:00 bulletin
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…