Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Luvindao sê nuwe ooreenkoms sal ramp-reaksie verbeter
    Die gesondheidsministerie het 'n memorandum van ooreenkoms met die Motorvoertuigongelukkefonds onderteken om streek-noodmediese reaksie en traumadienste te versterk. Gesondheidminister Esperance Luvindao sê dat die vennootskap daarop gemik is om noodbehandelingsfasiliteite en ambulanskapasiteit oor die streke uit te brei, wat vertragings in die vervoer van kritieke ongelukslagoffers oor lang afstande sal uitskakel. Luvindao sê dat die ooreenkoms 'n raamwerk daarstel om die fonds se hulpbronne met die ministerie se openbare gesondheidsorg-infrastruktuur te kombineer.
    1 min
  • Namibiese boere oes 2 200 ton aartappels
    Volgens Emilie Abraham, hoof van tuinbou-ontwikkeling by die Namibiese Akkerbouraad, het 95 persent van kleinskaalse produsente wat aan 'n staatsubsidieprogram deelneem, nog nooit tevore aartappels verbou nie. Desnieteenstaande het hulle eerste oes 2 200 metrieke ton opgelewer. Die inisiatief vorm deel van die raad se breër gewassektorstrategie van 250 miljoen Namibiese dollar onder NDP6. Dit pak hoë bedryfskoste aan deur kleinboere 'n 50 persent subsidie op saadknolle, kunsmis en plaagdoders te bied. Abraham sê dat groter plaaslike oeste Namibië toelaat om invoere te beperk en hierdie seisoen intern aan die helfte van die nasionale aartappelvraag te voldoen. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Solidariteit verwelkom verlenging van Wet op Groei en Geleenthede in Afrika
    Die vakbond Solidariteit het die verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika tot die einde van 2028 verwelkom. Die vakbond is egter bekommerd Suid-Afrika kan van die program uitgesluit word. Hy waarsku die verlies van Agoa-toegang kan die motor- en landboubedrywe benadeel en duisende werksgeleenthede kos. Jaco Kleynhans van Solidariteit het die VSA versoek om Suid-Afrika in Agoa te hou, aangesien die verlenging handelsbestendigheid bied:
    1 min
  • SA se kompetisiewaghond het township-ekonomie in sy visier
    Die Mededingingskommissie oorweeg marknavorsing oor inkopie- en winkelsentrums in oorwegend swart gemeenskappe en plattelandse woongebiede. In sy verslag oor ekonomiese projekte in die platteland en townships vir 2026, is bevind baie township-entrepreneurs wil in sentrums sake doen, maar word verhoed deur hoë huurgeld, ekslusiwiteitsklousules en eienaars wat voorkeur aan gevestigde name gee. Die waarde van die township-ekonomie word op sowat 900-miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar bereken. Die kommissie se hoofekonoom, James Hodge, sê uitsluitende praktyke sluit in ongelyke aankoop-omstandighede en diskriminerende verskaffingsooreenkomste:
    1 min
  • Ja, dit brand in Omusati, nee dit versprei nie na Etosha nie
    Die omgewingministerie het bevestig dat 'n veldbrand in die Omusati-streek tans vanaf Okakoto-dorp na Ongawa-dorp brand, met grondspanne en gemeenskapslede wat sukkel om die vlamme te beheer. Ministeriewoordvoerder Vilho Hangula het wydverspreide openbare spekulasie dat die brand na Etosha Nasionale Park versprei, van die hand gewys. Hy het erken dat brandpaaie in die streek nie ten volle in stand gehou word nie weens hulpbronbeperkings, maar sê die ministerie het brandbestrydingstoerusting en 'n brandweerwa ontplooi om die brand te help blus. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Vrydag, 4 September 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Wat is ReconAfrica se planne sou hulle kommersieel-ontginbare gas in Kavango-Wes kry? KosmosKapitaal vertel jou. Ander groot nuus: Die Namibiese Effektebeurs gaan demutualiseer. Ons gesels met Tiaan Bazuin, uitvoerende hoof van die NSX.
    4 min
  • SA-meisies wat in Malawi verkoop is, gerepatrieer
    Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê haar departement sal voortgaan om nou saam met Interpol Suid-Afrika en ander relevante wetstoepassingsagentskappe te werk om gevalle van kinderhandel aan te spreek. Dit volg nadat twee Suid-Afrikaanse meisies van onderskeidelik 9 en 15 jaar oud, wat in 2024 in Malawi verkoop is, veilig gerepatrieer is. Minister Pule sê die beweerde transaksie is deur 'n paartjie uitgevoer, bestaande uit 'n Malawiese burger van die Oos-Kaap en 'n Suid-Afrikaanse vrou:
    1 min
  • Capricorn ervaar sterk aptyt vir beleggings
    Capricorn Group sê dat hulle oor voldoende kapitaalbronne beskik om nasionale ekonomiese groei te ondersteun en met die regering saam te werk in sleutel-ontwikkelingsektore. Na 'n vergadering met president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die uitvoerende hoof van Capricorn Group, David Nuyoma, bevestig dat die groep se bank- en batebestuursafdelings meer as 110 miljard Namibiese dollar in kumulatiewe bates en voorskotte hou. Nuyoma sê dat die groep 'n sterk beleggingsaptyt vir opkomende groeibedrywe, insluitend olie en gas handhaaf. Hy het meer.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…