Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • TLU SA-kongres fokus op veiligheid, eiendomsregte
    Die landbou-organisasie TLU SA sê sy jaarkongres in Pretoria het gefokus op landelike veiligheid, die beskerming van eiendomsregte, ekonomiese volhoubaarheid en die bewaring van grond en water. Die tema was: “Landbou: Begrond. Beskerm. Bewaar”. Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê die paneelbesprekings het die basis gebied vir besprekings oor die beskerming van produsente en die hulpbronne waarvan toekomstige voedselproduksie afhang. Hy sê optrede is nodig om groter bestendigheid vir boere te skep:
    1 min
  • Firmas 'moet terugploeg in gemeenskappe'
    Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, sê korporatiewe sosiale verantwoordelikheid moet nie net 'n blokkie afmerk-oefening vir maatskappye wees nie, maar 'n werklike belegging wat lewens verander. Mbuende het by die Namibië Korporatiewe Maatskaplike Belegging Mukopano-geleentheid in Windhoek gesê daar is maatskappye wat groot winste maak terwyl die gemeenskappe waarin hulle werk, arm bly.
    1 min
  • Skokkende GBV-syfers in Ohangwena, Oshikoto
    Die Ohangwena- en Oshikoto-streke is geïdentifiseer as die land se brandpunte vir geslagsgeweld, wat gesamentlik verantwoordelik is vir meer as 17 persent van alle gevalle landwyd. Tydens die amptelike bekendstelling van die “Anti GBV”-veldtog in Omuthiya het die waarnemende hoof van die Namibiese polisie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, onthul dat uit 6 304 nasionale gevalle wat in die 2025/'26-boekjaar aangeteken is, Ohangwena 654 gevalle geregistreer het, terwyl Oshikoto 448 aangeteken het. Nainda het diep kommer uitgespreek oor die aard van hierdie misdade en beklemtoon dat gewone aanranding en ernstige fisiese geweld Ohangwena se syfers oorheers, terwyl kinderverkragting, veral op jong seuns, skerp gestyg het in die Oshikoto-streek.
    1 min
  • Skenk aan Kuba, 'hulle het vryheidstryd gehelp'
    Die nasionale veldtog vir humanitêre hulp aan Kuba reik nou uit na die kulturele sektor, om musiek en die kunste te gebruik om openbare steun vir noodsaaklike mediese voorrade en noodhulp te mobiliseer. Die fondsinsamelingsinisiatief het reeds meer as 700 000 Namibiese dollar ingesamel. Die sosiale geregtigheidsaktivis Lucy Edwards-Jauch herinner die publiek aan Kuba se belangrike rol en opofferings tydens Namibië se bevrydingstryd.
    1 min
  • Visserye 'kort aksie, nie nog 'n indaba'
    Die visserysektor het aksie nodig, nie nog 'n lang proses nie. Dit is die boodskap van Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê drie eenvoudige hervormings kan vinnig deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die bedryf verbeter. Hy sê geleenthede soos die 2026 Nasionale Visserye Indaba, wat vandag afgeskop het, is onnodig. Hopwood het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deursigtigheid nodig is om korrupsie te verhoed.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Trump probeer weer geboortereg-burgerskap beperk
    'n Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se administrasie verhoed om sy uitvoerende mag te gebruik om geboortereg-burgerskap te beperk deur federale departemente te verbied om burgerskap aan kinders wat in Amerika gebore word, te gee. Die Hooggeregshof het in Junie Trump se aanvanklike poging om geboortereg burgerskap te beëindig voorkom met die verstandhouding dat enige iemand wat in Amerika gebore word 'n burger word al is die kind se ouers nie burgers nie. Prokureur-generaal Todd Blanche het aan Fox News gesê hulle gaan appèl aanteken:
    1 min
  • Stad Windhoek verduidelik swaar voertuig-permitte
    Stad Windhoek het sy toegangs- en permitstelsel vir swaar voertuie gefinaliseer om padskade, verkeersopeenhopings en veiligheidsrisiko's op munisipale strate te verminder. Na konsultasies met die bedryf is maandelikse permittariewe vasgestel tussen 120 en 500 Namibiese dollar. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat September as 'n bewusmakingsmaand dien.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…