Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Zim ignoreer eise vir vergoeding van onteiende boere - Freeth
    Woordvoerder van SADC Tribunal Rights Watch, Ben Freeth, sê Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa se administrasie het versuim om formele appèlle te erken om ongeveer 4 500 onteiende kommersiële boere te vergoed. Freeth het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die regering meer as ses maande nadat hy 'n ope brief aan Mnangagwa uitgereik het, stilbly oor die afdwinging van grondregte en die herstel van die oppergesag van die reg. Hy sê die voortdurende weiering om die mylpaal-uitspraak van die SAOG Tribunaal van November 2008 te eerbiedig, ekonomiese herstel en landbouproduktiwiteit vertraag.
    1 min
  • Daar is nie suur druiwe tussen Dave en Rassie nie
    Die All Blacks-afrigter, Dave Rennie, sê daar is geen kwade gevoelens tussen hom en Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, nie. Dit volg na sy beskuldigings oor Suid-Afrika se vermeende onderduimse taktieke in die skrum, na verlede naweek se tweede toets in Kaapstad. Hy het beweer die Bokke het in vaste skrums “rondom teenstanders geloop”. Rennie sê hulle gaan nie uit hul pad uit om narratiewe oor die skrum te skep in aanloop tot môre se derde toets in Johannesburg nie:
    1 min
  • Almal moet kommer hê oor parlement chaos
    Die drama in die Nasionale Vergadering bly hierdie week die nuus oorheers. Die jongste sitting is na slegs twee dae kortgeknip, met AR- en IPC-wetgewers wat die verwydering van Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila versoek het. Maar openbare beleidskenner dr. Marius Kudumo sê die politieke dooiepunt laat 'n groter kommer ontstaan oor of die parlement sy grondwetlike plig nakom om wette in die openbare belang te maak. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kudumo dat niemand tevrede moet wees met wat tans in die Nasionale Vergadering ontvou nie.
    1 min
  • Savanna pas gewig afwaarts af teen dieselfde prys
    Savanna Beef verander sy beesvleisprysbande vanaf 1 Oktober, in 'n poging om produsente aan te moedig om voorraad gedurende die buiteseisoen te handhaaf. Die nuwe struktuur pas die gewigskategorieë aan na 200 tot 219 kilogram, 220 tot 239 kilogram, en 240 kilogram en meer. Ian Collard, uitvoerende hoof van Savanna Beef, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
    1 min
  • Die 06:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Solidariteit ondersoek Amazon vir rasse diskriminasie
    Die vakbond Solidariteit het 'n ondersoek van stapel gestuur na die Amerikaanse onderneming Amazon oor bewerings dat ondernemings in Suid-Afrika op grond van die eienaars se ras uitgesluit word van 'n sakeontwikkelingsprogram. Amazon Web Services se beleggingsprogram vir ekonomiese bemagtiging, wat gelyke deelname en insluiting bevorder, aanvaar volgens berigte slegs ondernemings in 100 persent swart besit. Connie Mulder van Solidariteit beklemtoon ras behoort nie 'n maatstaf vir ekonomiese geleenthede te wees nie:
    1 min
  • Kommunikasielyne, reaksieplanne kritiek vir komende El Niño
    Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê met 'n verwagte super El Niño wat 'n ernstige droogte en uiterste hitte rego or Suider-Afrika kan bring, moet boere en nooddienste vroeg optree om water te beveilig, vee te beskerm en veldbrandrisiko's te verminder. Hy sê daar is nou 'n behoefte aan gelokaliseerde kommunikasielyne en duidelike reaksieplanne tussen naburige plase, gemeenskappe en munisipale owerhede.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 3 September 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…