Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Johannesburg-bestuur beveel ingryping in middestad
    Die Stad Johannesburg se bestuur het opdrag gegee dat dringend ingegryp word om wet en orde, en netheid in die middestad te herstel. Burgemeester Dada Morero en stadsbestuurder Floyd Brink het gister met die Johannesburg Metropolisie se senior bestuur vergader en eis strenger toepassing, groter aanspreeklikheid en sigbare operasionele verbeterings. Die metro-woordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê onwettige handel, wetstoepassing, afvalbestuur, openbare ruimtes en stedelike netheid is probleme wat met mekaar verband hou en vereis dat departemente en instellings saamwerk:
    1 min
  • Nanso kap Nsfaf oor misloop van eie betaal-spertye
    Nanso het kommer uitgespreek oor Nsfaf se voortdurende vertragings in die uitbetaling van nie-onderriggelde aan tersiêre en beroepsgerigte studente. Nanso-woordvoerder Ndayola Mulongeni sê dat terwyl baie studente uitbetalings ontvang het, 'n beduidende aantal eerstejaar- en finalejaarstudente sonder fondse bly, wat hulle laat sukkel om basiese lewenskoste te dek. Mulongeni kritiseer Nsfaf omdat hulle herhaaldelik hul eie betalingstermyne misloop. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Macron sê Frankryk en Brittanje is eensgesind oor Oekraïne
    Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Brittanje en Frankryk is eensgesind wat Oekraïne, die Midde-Ooste en multilateralisme betref. Die twee lande beywer hulle vir Europese ondersteuning aan Kiëf sedert Rusland se volskaalse inval meer as vier jaar gelede. Macron en koning Charles het gister die Britse Museum besoek vir die amptelike opening van die Bayeux Tapisserie-uitstalling. Die Middeleeuse meesterstuk is ʼn eeue oue simbool van die verhouding tussen die Franse en Britte. Macron sê daar is nou vertroue tussen Parys en Londen:
    1 min
  • SA se Verkiesingskommissie sukkel, ANC spreek vertroue uit
    Die ANC het sy volle vertroue in die Verkiesingskommissie en sy integriteit uitgespreek. Die party hou vol tegniese probleme met die kommissie se kandidate-vasleggingstelsel het ʼn paar van sy kandidate vir die plaaslikeregeringsverkiesing se invoering op die stelsel geraak. Politieke partye en onafhanklike kandidate se benoemings moes teen vyfuur op 28 Augustus op die stelsel wees. Die kommissie sê egter sy stelsel het reg gewerk. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het aan Newzroom Afrika gesê hulle glo hulle sal die probleem met die kommissie oplos:
    1 min
  • Die nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Elisenheim brei verder uit na gemengde landgoed
    Elisenheim Eiendomsontwikkelingsmaatskappy bevorder planne vir 'n nuwe lae-digtheid residensiële en gemengde gebruikskomponent van die Elisenheim Leefstyllandgoed nadat ‘n hernude omgewingsklaring vir die voorgestelde landgoed verkry is. Dit maak voorsiening vir die verdere uitbreiding van Elisenheim se residensiële aanbod noord van die hoofstad. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse Eiendomsontwikkeling, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…