Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • WK-polisie gereed vir moontlike verkiesingsontwrigtings
    Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hulle is gereed om veiligheid te handhaaf en te reageer op enige ontwrigtings tydens Woensdag se munisipale verkiesing. Hy sê daar is 'n toegewyde bedryfsplan met afsonderlike ontplooiings om moontlike bedreigings die hoof te bied. Dyantyi sê die polisie sal nie beamptes van bestaande operasies onttrek om verkiesingsverwante veiligheid te hanteer nie. Hy sê die nodige hulpbronne is geïdentifiseer sonder om bestaande veiligheidsreëlings te ontwrig:
    1 min
  • NNN wil Rusland-Afrika-samewerking vir water en landbou bevorder
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by die Rusland-Afrika-beraad in Moskou 'n beroep gedoen op die implementering van die 2013 Namib-verklaring, om Afrika se waterinfrastruktuurgaping en klimaatsveerkragtigheid aan te pak. Sy het, na aanleiding van 27 miljard Amerikaanse dollar in Rusland-Afrika-handel in 2025, gesamentlike ondernemings in landboutegnologie en waardetoevoeging aangespoor om werkskepping en voedselsekerheid te bevorder.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 29 Oktober 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Rates up, government's options down
    Cirrus Capital analyst Deon Gous warns of mounting financial pressure as interest rates climb, farmers struggle and government's financial hands remain tied.
    The Bank of Namibia's decision on Wednesday to hike its repo rate by 25 basis points to 7% has dealt another blow to an agricultural sector already battered by foot-and-mouth disease.
    And with government having precious little fiscal room to manoeuvre, finding the money to fight the outbreak is no small challenge.
    Gous unpacks the double whammy of higher borrowing costs and an already stretched national purse.
    Follow KosmosKapitaal. Stay ahead of the money, markets and economy.
    1 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Haaie werk nog aan skrum, sê stut Du Toit
    Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die Haaie het wel onder afrigter JP Pietersen hul wen-vermoë teruggekry, maar skrums bly ʼn uitdaging. Du Toit sê hulle moet net geduldig wees:
    1 min
  • Integreer vroeë-kinderontwikkeling nóú in skole: IPC
    Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl die lynministerie voorberei om in Januarie 2027 die mandaat vir vroeë-kinderontwikkeling oor te neem, en beplan om 'n toelae vir kinders tussen drie- en vyf jaar oud in te stel.
    1 min
  • Fishrot-saak weer sonder toegewyde regter
    Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse aansoek deur die beskuldigde Ricardo Gustavo aanhoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Vikitoria Hango, woordvoerder van die regbank, gesels vir meer besonderhede:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…