Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Wandile Sihlobo: SA se AGOA-uitsluiting nie katastrofies nie
    Die presidensiële Landbou-gesant, Wandile Sihlobo, sê indien Suid-Afrika toegang tot die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika sou verloor, dit uitdagings vir verskeie landboubedrywe sou skep, maar dit sal nie katastrofies wees nie. Die land was die grootste begunstigde van AGOA, waarkragtens deelnemende lande belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark in ’n verskeidenheid kategorieë verkry. Sihlobo sê die verlies van AGOA moet in konteks gesien word met ander tariewe wat op Suid-Afrikaanse uitvoere van toepassing is:
    1 min
  • Nekongo prys regering se ekonomiese bestuur
    In sy bydrae tot die begrotingsdebat het SWAPO-parlementslid Ephraim Nekongo die regering geprys vir die bestuur van inflasie en die handhawing van 'n positiewe handelsbalans; hy het gesê dit weerspieël 'n duidelike verbintenis tot mense, produktiwiteit en fiskale omsigtigheid. Hy het gister die parlement toegespreek.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • AfriForum dring aan op daadwerklike optrede teen plaasaanvalle
    AfriForum doen 'n beroep op die regering om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en 'n nasionale strategie in te stel om dit te voorkom. Die beroep volg op Woensdag se aanval op die Noordwes-boer Donovan Marx, wat op wrede wyse aangerand is. AfriForum se Jacques Broodryk sê die owerhede moet misdaadvoorkoming versterk en moet verseker diegene wat daarvoor verantwoordelik is moet voor die gereg gebring word. Broodryk doen 'n beroep op die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om die veiligheid van boere en landelike gemeenskappe te verbeter:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Namibië se ekonomie steeds onder druk ondanks groeivooruitsigte
    Die Bank van Namibië waarsku dat bek-en-klouseer, hoër brandstofpryse en ’n groeiende handelstekort die land se ekonomiese herstel kan belemmer, ondanks ’n verwagte toename in ekonomiese groei. Die president van die BoN, Ebson Uanguta, sê Namibië se handelstekort het in die eerste agt maande van vanjaar tot 33,5 miljard Namibiese dollar gestyg, teenoor 17,8 miljard in dieselfde tydperk verlede jaar. Internasionale reserwes het egter teen einde September tot 59,3 miljard Namibiese dollar gestyg, genoeg vir na raming drie tot ses maande se invoer.
    1 min
  • Vuurwapenopleiers vra optrede teen taxigeweld in SA
    Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vuurwapenopleiers het die skietvoorvalle in die Wes-Kaap wat met taxi's verband hou veroordeel. Dit sluit in voorvalle in Somerset-Wes, Khayelitsha, Epping, Delft, Bonteheuwel en Maitland. Mike Mbedzi van die vereniging sê die veiligheid van pendelaars moet 'n prioriteit wees en geskille oor taxiroetes mag nooit tot geweld of lewensverlies lei nie. Mbedzi doen 'n beroep op die polisie om onwettige vuurwapens te verwyder:
    1 min
  • NamRA verskerp fokus op alkohol- en tabakhandel
    NamRA het met bedryfsleiers vergader om strenger nakoming van regulasies oor die handel in alkohol- en tabakprodukte te bespreek. Die hoof van doeane en aksyns, Wilbroad Poniso, sê sterker beheermaatreëls is noodsaaklik om staatsinkomste te verhoog en terselfdertyd ’n gelyke speelveld vir wettige plaaslike ondernemings te verseker.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • WKOD prioritiseer leerderveiligheid te midde van taxigeweld
    Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om eksamensentrums veilig te bereik. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê psigo-sosiale ondersteuning is ook beskikbaar vir skole wat geraak word:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…