Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Hulpbrontekorte bedreig gesondheidsdienste in afgeleë gebiede
    Senior mediese beampte by die Khorixas-distrikshospitaal, Ruusa Nangolo, waarsku dat ’n tekort aan hulpbronne en lang reisafstande moeder- en kindergesondheidsdienste in afgeleë gebiede bedreig. Sy sê gemeenskapsgesondheidswerkers moet soms tot 10 kilometer oor swak paaie loop om verspreide plase te bereik. Nangolo het tydens ’n besoek van UNICEF se streekdirekteur, Eva Kadilli, by Braunfels ’n beroep op volgehoue ondersteuning gedoen om te voorkom dat hierdie dienste in duie stort.
    1 min
  • President beklemtoon ekonomiese samewerking met Rusland
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië se betrokkenheid by Rusland is daarop gemik om ekonomiese samewerking te versterk en groter waarde uit die land se natuurlike hulpbronne te ontsluit. Met haar terugkeer van die derde Rusland-Afrika-beraad in Moskou het sy die besoek as vrugbaar beskryf en gesê dit bied geleenthede om handels- en beleggingsbande verder uit te brei.
    1 min
  • NSFAF-studente mag nie eksamens geweier word nie
    Die ministerie van hoër onderwys het alle tersiêre instellings opdrag gegee om studente wat op NSFAF-befondsing wag, nie weens uitstaande fooie te weerhou om hul eksamens af te lê nie. Die voorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau, het die besluit verwelkom en bevestig dat gesprekke ook aan die gang is om befondsingskoerse aan te pas te midde van toenemende ekonomiese druk. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Swartbooi kritiseer regering se ekonomiese rekord
    LPM-leier Bernadus Swartbooi het die regering se ekonomiese rekord oor die afgelope 36 jaar skerp gekritiseer. Hy sê armoede, werkloosheid, honger en finansiële druk neem toe. Swartbooi het in die Parlement gesê meer as 60 persent van Namibiërs verdien minder as 2 000 dollar per maand, terwyl mikrolenings tot sowat 9,3 miljard dollar gestyg het.
    1 min
  • Bek-en-klouseer bedreig breër landbou-ekonomie
    Bank Windhoek se besturende direkteur, James Chapman, waarsku dat bek-en-klouseer nie net boere raak nie, maar die lewensbestaan van sowat 70 persent van Namibiërs wat deur landbou ondersteun word, bedreig. Hy sê gestaakte veeveilings plaas kontantvloei onder druk en raak ook streekdorpe. Chapman het by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks gepraat.
    1 min
  • Bank van Namibië verlig finansiële druk op boere
    Die Bank van Namibië stel beleidsveranderinge in om finansiële druk op boere en landboubesighede wat deur bek-en-klouseer en El Niño-verwante droogte geraak word, te verlig. Adjunk-goewerneur Leonie Dunn het die maatreëls vanoggend aangekondig, wat banke groter buigsaamheid gee om sukkelende landbouleners by te staan.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA kies Durban as voorkeur-gasheerstad vir Olimpiese Spele-bod
    Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Durban aangewys as voorkeur-gasheerstad vir sy bod om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in 2036 of 2040 aan te bied. Die kabinet het die bod goedgekeur. Johannesburg en Kaapstad is ook as moontlike kandidaat-stede oorweeg. Sewe lande het belangstelling uitgespreek om 2036 se Spele aan te bied. SASKOK se waarnemende president, Lwandile Simelane, sê onderhandelings oor die begroting sal plaasvind terwyl die bod-proses voortgaan:
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Geïsoleerde buie oor naweek in noordweste en kusgebiede
    Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema voorspel droë toestande oor sentraal- en suidelike Namibië, met geïsoleerde buie wat oor die naweek in die noordweste en langs dele van die kus verwag word. Reënval sal na verwagting teen Sondag ooswaarts versprei voordat dit Maandag afneem.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…