Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Gemeenskapsaadbank wérk vir Kavango-Wes
    Die bosbouministerie het 'n tradisionele saadbeurs-geleentheid by die Sharukwe Gemeenskapsaadbank in Kavango-Wes aangebied om inheemse gewasse te bewaar en voedselsekerheid teen klimaatsverandering te versterk. Die adjunkdirekteur van bosbou, Esmerialda Klaassen, sê dat die saadbank wat in 2023 gestig is, die gemeenskap gehelp het om verbeterde opbrengste in 2025 te verseker na 'n swak oes in 2024.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Verlig kragtariewe, vra Afriforum oor R30 miljard Eskom-wins
    AfriForum vra Eskom om verligting op kragtariewe te bied nadat die kragvoorsiener 'n wins van 30-miljard Suid-Afrikaanse rand in die vorige boekjaar aangeteken het. Die organisasie het voor Eskom se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg betoog en 'n spaarvarkie en versoekskrif oorhandig waarin antwoorde geëis word oor stygende elektrisiteitskoste, bestuursbonusse en 'n bykomende inkomste-eis van 58-miljard-rand. Deidré Steffens van AfriForum sê verbruikers moes jare lank beurtkrag en stygende kragtariewe verduur:
    1 min
  • Veeprodusente kan hulp by Bank Windhoek kry
    Bank Windhoek vra dat boere en produsente wat kontantvloeiprobleme ondervind weens bek-en-klouseer beperkings, hulle plaaslike takbestuurders moet nader. Die bank se besturende direkteur, James Chapman, het verwys na die bank se byna 150 miljoen Namibiese dollar in onlangse volhoubaarheids-uitbetalings, en bydraes tot die bek-en-klouseer-ondersteuningsfonds by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks. Hy sê vroeë finansiële beplanning is noodsaaklik om plase deur die krisis operasioneel te hou.
    1 min
  • De 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 14 SME's deel N$1,1 miljoen finansiering
    Veertien kleinsakeondernemings, wat al 14 streke verteenwoordig, deel in toekenningsfinansiering van 1,1 miljoen Namibiese dollar ná die eerste "SME Fund Chelete Cage Pitch"-geleentheid in Windhoek. Catherine Shipushu, uitvoerende beampte vir mededingendheid en handelsmerkvestiging by die Namibiese Beleggingsbevordering- en -ontwikkelingsraad, sê die befondsing volg op 'n landwye oproep wat byna 900 aansoeke gelok het, 'n aanduiding van die groeiende entrepreneursbelangstelling in die land. Sy gee meer besonderhede.
    1 min
  • Iran-oorlog binnekort verby, sê JD Vance
    Amerika se visepresident, JD Vance, glo president Donald Trump se administrasie sal sy doelwitte in Iran bereik. Volgens ʼn nuwe beraming deur Amerika se Sentrale Bevel het die oorlog, wat op 28 Februarie uitgebreek het, die land teen middel hierdie maand minstens 782,46-miljard Namibiese dollar gekos. Trump sê tensy Iran instem tot ʼn ooreenkoms, sal hy moontlik ná die middeltermynverkiesing optrede teen Teheran hervat. Vance het aan Fox News gesê die oorlog sal binnekort verby wees:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • EFF eis toegang tot beweerde geheime staatsoperasie
    Die EFF het 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hulle toegang versoek tot hofrekords in 'n bedrogsaak van 12-miljoen-rand, waarby twee voormalige beamptes van die Staatsveiligheidsagentskap betrokke is. Dit volg na bewerings dat die agentskap 'n geheime staatsintelligensie-operasie befonds het om inligting te verkry oor die party en sy interne aktiwiteite, insluitend sy parlementêre koukus. Die adjunkpresident van die EFF, Godrich Gardee, het aan Newzroom Afrika gesê hulle versoek toegang tot transkripsies van die ope-hofverrigtinge, bewysstukke en ander tersaaklike hofdokumente:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…