Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Aksieplan vir vennootskap tussen Rusland en Afrika
    Die derde Rusland-Afrika-beraad het die Aksieplan van die Rusland-Afrika-vennootskapsforum vir 2027 tot 2029 aanvaar. Dit sal as raamwerk vir die implementering van samewerking oor die volgende drie jaar dien. Die beraad was bygewoon deur verteenwoordigers van 50 Afrika-lande en leiers van die vasteland se streeksintegrasie-organisasies. Kosmos 94.1 Nuus het met die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, gesels vir meer inligting.
    1 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Aanklagte teen Johnson, Khan 'baie ernstig', sê Vervolgingsgesag
    Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte teen die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die gewese adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is baie ernstig. Die twee is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog van 10 000 rand elk toegestaan. Een van die ernstigste bewerings is ʼn aanrading- en intimidasie-aanklag in 2018 waarby Khan betrokke is. Die NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Johnson, het na bewering sonder toestemming inligting aan Khan bekendgemaak, en albei se doel was om vervolging teen Khan te keer:
    1 min
  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Meningspeilings toon ANC-steun tuimel
    Die nuutste meningspeilings voor Suid-Afrika se munisipale verkiesings toon 'n skerp daling in ANC-steun, wat dui op 'n toename in koalisieregerings op plaaslike vlak. Politieke ontleder Roland Henwood waarsku dat toenemende kiesersapatie 'n klein minderheid kan toelaat om die verkiesingsuitslag te bepaal, wat onstabiele koalisies en swak regering in gevaar stel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Miljoene noodoproepe na polisie onbeantwoord
    AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het tussen 2018 en 2024 by elf oproepsentrums is nie beantwoord nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê die verandering van die noodnommer sal nie die probleem oplos sonder ’n opgradering van die tegnologie nie:
    1 min
  • Die nuus 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • Noord-Korea sit dalk agter Binance-kuberaanval
    Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot ʼn dienshouer gekry en ongemagtigde onttrekking-transaksies ingedien. Kenners het Noord-Korea as die moontlike skuldige geïdentifiseer. Binance se mede- uitvoerende hoof, Richard Teng, glo meer as een kuberkraker was by die “ingewikkelde aanval” betrokke:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…