Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Kanada en EU versterk bande teen groot moondhede
    Die Kanadese Eerste minister Mark Carney sê Kanada werk aan die sterkste moontlike vennootskap met die Europese Unie terwyl die land gereed maak om teen Junie 2027 ʼn medelid van die groep van 27 lede te word. Die EU en Kanada vorm ʼn nuwe vennootskap, die “Alliance for the Future”, om hul afhanklikheid van groot moondhede soos China en Amerika te verminder. Carney sê ʼn sterker Kanada-EU-vennootskap sal meer keuses bied, laer koste vir gesinne lewer en nuwe uitvoermarkte vir ondernemings skep:
    1 min
  • Ramokgopa: Bekostigbare krag dryf Afrika se groei
    Die Suid Afrikaanse minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê bekostigbare elektrisiteit is noodsaaklik vir Afrika se nywerhede en ekonomiese ontwikkeling. Hy het Saterdag gepraat tydens die Kgalema Motlanthe-stigting se jaarlikse Drakensberg-forum. Ramokgopa beskryf elektrisiteit as 'n openbare bate, nie bloot 'n manier om wins te maak nie. Hy sê Suid-Afrika kan energie-intensiewe digitale infrastruktuur, insluitend datasentrums, lok deur sy hernubare energiebronne beter te benut om te voeldoen aan die groeiende vraag na kunsmatige intelligensie, terwyl ekonomiese groei ondersteun word:
    1 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Die nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Gemiddelde Namibiër word al armer, sê IPC
    Die jongste projeksies vir ekonomiese groei het kommer laat ontstaan oor die land se ekonomiese prestasie. Die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, sê dat die Bank van Namibië se groeivoorspelling van 2,1 persent vir vanjaar tekortskiet in vergelyking met die land se geraamde bevolkingsgroei van 3 persent. Dit beteken dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei om lewenstandaarde te verbeter nie, wat daartoe lei dat die gemiddelde Namibiër in werklikheid armer word.
    1 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Onkologie, kraamsorg benodig meer bloedprodukte
    Staatshospitale het die afgelope jaar ongeveer 76 persent van alle bloedprodukte wat in Namibië vervaardig is, verbruik. Dit was hoofsaaklik weens 'n toenemende aanvraag in onkologie en kraamsorg. Na afloop van NamBTS se algemene jaarvergadering het woordvoerder Frieda Vatilene-Asino berig dat, ten spyte van tekorte in bloedinsameling, daar geen gevalle was waar hospitale sonder voorraad gesit het nie. Hospitale se behoeftes sal na verwagting met 5 tot 7 persent groei, en NamBTS doen 'n beroep op burgers om ten minste drie keer per jaar bloed te skenk, ten einde die aktiewe skenkersbasis uit te brei. Vatilene-Asino het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • BKS: Kapana-verkopers het dringend hulp nodig
    Die Republikeinse Party doen 'n beroep op die instelling van 'n dringende hulpfonds van 10 miljoen Namibiese dollar vir kapana-verkopers en informele vleishandelaars wat deur beperkings weens bek-en-klouseer lamgelê is. Met die voorstel vir hierdie fonds het Mathias Mbundu beklemtoon dat die hele landbouketting – van boere tot plaaslike vleisverkopers – ernstig bedreig word. Hy het daarop aangedring dat plaaslike owerhede betrek word by die uitrolmeganismes om deursigtige en regverdige verspreiding te verseker, sonder enige politieke begunstiging. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…