Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Gautengse komitee vir Gemeenskapsveiligheid waarsku teen politieke geweld
    Die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid versoek alle politieke partye, hul ondersteuners en lede van die publiek om vrede, verdraagsaamheid en respek vir demokratiese beginsels voorop te stel tydens hierdie week se plaaslikeregeringsverkiesing. Die voorsitter, Bandile Masuku, sê die polisie moet meer sigbaar wees by hoërisiko-stemstasies sowel as in gebiede waar spanning kan opvlam en openbare veiligheid bedreig:
    1 min
  • Atshipara waarsku oor stygende staatskuld
    Swapo-parlementslid Modestus Atshipara waarsku dat Namibië se openbare skuld na verwagting 201,7 miljard Namibiese dollar, oftewel 68,7 persent van die BBP, sal bereik – bo die SAOG-maatstaf van 60 persent. Jaarlikse rentebetalings sal na verwagting 15,4 miljard dollar beloop, oftewel 17,5 persent van staatsinkomste. Atshipara ondersteun bykomende befondsing vir Psemas en die verlenging van die belastingamnestie, maar dring aan op ondersoeke na vermoedelike bedrog en hervorming van Psemas se befondsingsmodel.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Maandag, 2 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Uraan raak toenemend 'n staatmaker in die Namibiese ekonomie. KosmosKapitaal gesels met Lauren Davidson, ekonoom van die Kamer van Mynwese in Namibië, oor die blink toekoms vir die kommoditeit. En TotalEnergies het goeie nuus oor die Mopane-olieveld aan die Namibiese kus.
    3 min
  • Lake Oanob Grand Prix lok rubberduck-entoesiaste en besoekers
    Die Lake Oanob Grand Prix het oor die naweek by die Oanobdam plaasgevind en talle besoekers en rubberduck-entoesiaste gelok wat die deelnemers kom ondersteun het. Die spanne het aan sowel kortbaan- as langafstandresies deelgeneem, met snelhede van tussen 70 en 80 kilometer per uur en sommige bote wat tot 110 kilometer per uur kan haal. Francois Lottering doen verslag.
    2 min
  • DBV waarsku oor wydverspreide dieremishandeling in Namibië
    Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië sê verwaarlosing, permanente vasmaak en verhongering bly die algemeenste vorme van dieremishandeling. Met slegs drie tot vier inspekteurs landwyd en skuilings wat in Oktober alleen meer as 400 diere gehuisves het, doen die nasionale direkteur, Silke van der Merwe, 'n beroep op Stad Windhoek om sy finansiële ondersteuningsbeloftes na te kom en strenger beheer oor verdwaalde honde toe te pas. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Nanso eis antwoorde oor N$1,2 miljoen se vermiste skoolmeubels
    Nanso het volle aanspreeklikheid en 'n onmiddellike ondersoek geëis na onthullings dat skoolmeubels ter waarde van 1,2 miljoen Namibiese dollar, waarvoor byna twee jaar gelede betaal is, nooit aan skole in die Omusati-streek afgelewer is nie. Die woordvoerder van die organisasie, Ndayola Mulongeni, het beklemtoon dat die vermiste 3 700 stoele en lessenaars onderrig- en leeromgewings direk in gevaar stel en die ministerie van onderwys aangespoor om diegene wat verantwoordelik is vir die verkrygingsmislukking, wetlik aanspreeklik te hou. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Shoombe waarsku teen onwettige vervoer van vee en diereprodukte
    Intussen waarsku die hoofveearts by die ministerie van landbou, water, visserye en grondhervorming, dr. Kennedy Shoombe, dat die onwettige vervoer van vee en diereprodukte Namibië se pogings om bek-en-klouseer te beheer, ernstig ondermyn. Hy sê ongemagtigde verskuiwing van diere bemoeilik die opsporing van moontlike besmettingsbronne en die voorkoming van verdere verspreiding. Shoombe beklemtoon dat amptelike permitte noodsaaklik is om diere se bewegings deur die land se naspeurbaarheidstelsel te monitor.
    1 min
  • Bek-en-klouseer kos landbousektor reeds N$118 miljoen
    Die bek-en-klouseer-uitbreking plaas toenemende finansiële druk op Namibië se landbousektor, met sowat 118 miljoen Namibiese dollar se bedryfskoste wat reeds weens ontwrigte sakebedrywighede opgehoop het. Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, het tydens die Agricultural Series Talks, aangebied deur Bank Windhoek, gesê die impak strek oor die hele waardeketting, aangesien boere en ondernemings steeds uitgawes moet dek terwyl bemarking en verkope ontwrig word. Hy wys daarop dat die landboubedryf maandeliks sowat 230 miljoen dollar nodig het om sy bedrywighede aan die gang te hou, selfs wanneer geen vee bemark word nie.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…