Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Tshwane begin laaste skoonmaakproses by Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg
    Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die deurspoel en skoonmaak van die waterstelsel het begin as die laaste voorbereidings om weer skoon water te voorsien aan gemeenskappe wat geraak is deur besmetting in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg. Dit het gelei tot 833 gevalle van maagdermsiekte. Moya sê water word van die aanleg na verspreider-reservoirs gepomp, insluitend dié by Zithobeni en Ekangala. Sy waarsku dat groot volumes water tydens die proses deur die stelsel sal vloei:
    1 min
  • Kunsteraad ken N$2,26 miljoen aan 56 kuns- en kultuurprojekte toe
    Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as een miljoen Namibiese dollar aan 28 suksesvolle aansoekers toegeken as deel van sy derde en laaste befondsingsronde vir 2026. Die adjunk-uitvoerende direkteur, Paulus Nghikembua, het die begunstigdes aangekondig ná die toekenning van befondsing aan 25 ontvangers in die tweede ronde. In die eerste befondsingsronde het die raad 132 000 dollar aan drie aansoekers toegeken. Die raad het altesaam sowat 2,26 miljoen dollar oor die drie befondsingsrondes belê en sodoende 56 kuns- en kultuurprojekte landwyd ondersteun.
    1 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • FNB Eagles skryf geskiedenis met reeks-sege oor Ierland
    Die FNB Eagles vier steeds hul geskiedkundige prestasie nadat die span Ierland die naweek met vyf paaltjies geklop en sodoende die vyf-wedstryd-eendagreeks met 3–2 gewen het. Die reeks-oorwinning was ook ’n belangrike mylpaal vir Namibiese krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die land ’n toets-spelende nasie in ’n eendag-internasionale reeks geklop het. Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Namibiese woestynlodge onder wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027
    Onduli Ridge, ’n luukse woestynlodge wat deur die Namibiese bewarings- en toerismemaatskappy ultimate.earth bedryf word, is deur die internasionale reistydskrif Fodor’s Travel aangewys as een van die wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die erkenning plaas Namibië se luukse toerisme-aanbod op die internasionale verhoog.
    1 min
  • Omusati-goewerneur betreur sewe sterftes in padongeluk
    Die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, het sy hartseer uitgespreek ná die gru-botsing wat Sondagoggend vroeg sewe lewens op die Oshakati-Okahao-pad geëis het. Nog ’n passasier is kritiek beseer. Shikongo het sy meegevoel met die families en vriende van die oorledenes betuig.
    1 min
  • Motoriste gemaan om voertuie en dokumente reg te kry voor feestyd
    Die Windhoek Stadspolisie het motoriste aangeraai om te verseker dat hul voertuie padwaardig is, hul dokumentasie geldig is en alle uitstaande boetes betaal is namate feestydverkeer toeneem. Assistent-superintendent Katrina Nomboga het bestuurders gewaarsku om noodsaaklike veiligheidskomponente van hul voertuie na te gaan en uitstaande verkeersboetes of lasbriewe vir inhegtenisneming af te handel voordat hulle vertrek. Sy waarsku dat motoriste andersins die risiko loop om by vakansie-kontrolepunte weggewys te word.
    1 min
  • Hoë brandstofkoste kan Namibiërs se feestyd duurder maak
    Ekonome waarsku dat Namibiërs hoër lewenskoste tydens die feestyd in die gesig kan staar weens hoë wêreldwye oliepryse en die agterstand in plaaslike brandstofprysaanpassings. Ekonoom Dawie Klopper sê internasionale konflik en die hoë vervoerkoste van geraffineerde petroleumprodukte plaas wêreldwyd druk op verbruikers. Hy waarsku dat onverhaalde voorsieningskoste uiteindelik ook plaaslike motoriste sal raak.
    Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

    Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die minister van energie vandag nog die brandstofpryse vir November gaan aankondig.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Krieket: Cummins oorweeg veranderinge ná Proteas-nederlaag
    Australië se kaptein, Pat Cummins, erken veranderinge is nodig is nadat hulle die toetsreeks teen Suid-Afrika 2-1 verloor en hul voorste plek op die ranglys afgestaan het. Australië het op die laaste dag van die beslissende toets in Kaapstad 'n wenteiken van 288 gejaag, maar is uitgeboul vir net 111 - hul derde nederlaag in hul laaste vyf toetse. Cummins erken besprekings oor spankeuses is onvermydelik voor volgende maand se reeks teen Nieu-Seeland:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…