Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Sauma bevraagteken Rosatom se beweerde goedkeuring
    Die Stampriet-akwifeer Uraanmyn-vereniging (Sauma) is bekommerd oor berigte dat Rosatom se Leonardville-uraanprojek toestemming ontvang het om toetsboorgate te boor. Die Russiese nuusagentskap Interfax het die maatskappy se uitvoerende hoof, Alexei Likhachev, aangehaal wat sê die projek het die groen lig gekry ná 'n besoek deur 'n afvaardiging van die Internasionale Atoomenergie-agentskap aan Namibië. Sauma sê hy het die betrokke owerhede genader om duidelikheid oor die beweerde goedkeuring te kry. Die vereniging se voorsitter, Wolfgang Teichert, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA Interministeriële komitee doen beroep op vreedsame munisipale verkiesing
    Die Interministeriële Komitee oor Migrasie en verskeie burgerlike organisasies vra kiesers om toe te sien die munisipale verkiesing verloop vreedsaam en ordelik. Dit volg ná 'n vergadering met gemeenskapsgroepe, insluitend Hlangana Mzansi en Bhinca Nation, gelei deur die mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu. Misdaad, onwettige migrasie, onwettige vuurwapens en leemtes in wetstoepassing is bespreek. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê alle stemgeregtigdes moet kan stem sonder intimidasie of inmenging:
    1 min
  • Rob Youth Foundation bied N$100 000 se vloedhulp aan Bacopa-huishoudings
    Gabriela Jeronimo, uitvoerende direkteur van die Rob Youth Foundation, het die organisasie se belangrikste mylpale vir jeugbemagtiging en hulpverlening vir 2026 uiteengesit. Dit sluit in die verspreiding van matrasse en muskietnette ter waarde van 100 000 Namibiese dollar aan vloedgeteisterde huishoudings in Bacopa-dorp. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 2 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA munisipale verkiesings skop goed af
    Die Verkiesingskommissie sê die eerste dag van spesiale stemmery vir Woensdag se munisipale verkiesing het goed verloop, met bykans 99-persent van stempunte wat betyds geopen het. Die OVK sê sake het meestal vlot verloop, hoewel sommige stempunte in Kaapstad vertragings ondervind het. Adjunk-uitvoerende hoof Masego Sheburi het kiesers aangemoedig om hul stembesonderhede na te gaan voor hul gaan stem:
    1 min
  • Hou raadslede verantwoordelik, sê Sankwasa
    Stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, doen ’n beroep op burgers om hul raadslede tot verantwoording te roep indien hulle nie hul verkiesingsbeloftes nakom nie. Tydens die negende kongres van die Vereniging van Streeksrade in Rundu het Sankwasa kommer uitgespreek oor berigte dat sommige raadslede selfvoldaan word nadat hulle verkies is.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…