Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Learjet 60 het moontlik reeds voor impak opgebreek
    Amerika se Nasionale Vervoer-veiligheidsraad sê daar is bewyse dat die vliegtuig wat Sondag in Florida neergestort het, moontlik in die lug al begin opbreek het voor dit neergestort en ontplof het. Nege mense aan boord van die Learjet 60, wat van Austin, Texas, na die Bahamas op pad was, is dood. ʼn Tegniese ingenieur en sy jong gesin, asook die 20-jarige medevlieënier, is in die voorval dood. ʼn Lid van die veiligheidsraad, Tom Chapman, sê weerstoestande kon ook ʼn rol in die ongeluk gespeel het:

    Tom Chapman Dinsdag
    1 min
  • Zambiese LP moedig jong Namibiërs aan om hul toekoms te bepaal
    Die Zambiese parlementslid Fingani Mbulo het afgevaardigdes by die onlangse Jeug in Politiek-beraad in Windhoek aangemoedig om verantwoordelikheid te neem vir die vorming van hul eie toekoms. Hy sê hoewel jongmense meer as 70 persent van Namibië se bevolking uitmaak, bly hulle onderverteenwoordig in politieke besluitneming.
    1 min
  • Wes-Kaapse taxiverenigings verbind tot einde aan dodelike geweld
    Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ondernemings deur die taxi-verenigings CATA en CODETA verwelkom om geweld in die minibustaxi-bedryf te beëindig. Geweld rondom betwiste roetes in Delft, Langa en Epping, het verlede week 12 lewens geëis ná groeiende spanning die afgelope maand tussen die mededingende verenigings. Die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê albei verenigings het ingestem om deel te neem aan 'n proses waartydens onafhanklike fasiliteerders sal help om kwessies in die bedryf te bespreek en op te los:
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Mediavakbond eis sterker beskerming vir joernaliste
    Die Namibia Media Professionals Union doen 'n beroep op regerings om maatreëls te versterk om joernaliste te beskerm en te verseker dat misdade teen mediawerkers nie ongestraf bly nie. Die oproep kom tydens die herdenking van die Internasionale Dag vir die Beëindiging van Straffeloosheid vir Misdade teen Joernaliste. Die vakbond se sekretaris-generaal, Jemima Beukes, sê joernaliste moet hul werk sonder vrees vir intimidasie, teistering of geweld kan doen. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Johannesburg wil afhanklikheid van private watertenkwaens verminder
    Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad bou geleidelik sy eie vloot watertenkers op om sy afhanklikheid van privaat kontrakteurs te verminder. Hy het die media ingelig oor die huidige watervoorsiening-situasie en pogings om dienste te herstel. Morero het gesê 20 tenkwaens wat verlede jaar aangekoop is, is reeds in gebruik, terwyl nog 16 in diens geneem sal word, terwyl die stad die swaarkry van inwoners erken wat vir dae of weke sonder water is:
    1 min
  • Vereniging dring aan op dagga-dekriminalisering
    Die Dagga- en Hennepvereniging van Namibië het sy pleidooi vir die dekriminalisering van dagga en die skrap van kriminele rekords vir geringe oortredings hernu. In ’n gesprek oor die voortgesette impak van die verbod het stigter Angela Prusa kritiek uitgespreek oor selektiewe inhegtenisnemings en streng vonnisse vir nie-gewelddadige oortredings. Sy voer aan dat volwassenes wat dagga gebruik, dieselfde wetlike vryhede behoort te geniet as dié wat aan alkoholverbruikers toegestaan word.
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Ondernemingslikwidasies in SA in September met 12,3-persent afgeneem
    Statistiek Suid-Afrika sê likwidasies van ondernemings het in September met 12,3-persent van 285 tot 250 gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Ondernemingslikwidasies het met 27 gevalle afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies met agt gedaal het. Onica Mushwana van Statistiek Suid-Afrika sê die syfers toon ook 'n daling van 17-persent in likwidasies tussen Julie en September, terwyl die eerste nege maande van 2026 'n afname van 6,6-persent getoon het vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…