Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Cyril 'moet wrede plaasaanval op Donovan Marx veroordeel'
    AfriForum vra president Cyril Ramaphosa om die plaasaanval te veroordeel op die boer van Noordwes, Donovan Marx, wat verlede week geskiet, gemartel en ernstig beseer is. Vyf verdagtes tussen 26- en 56-jaar oud is in verband met die aanval in hegtenis geneem en verskyn vandag die eerste keer in die hof. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê Ramaphosa se stilswye strook met sy versuim om "Kill the Boer" te veroordeel en plaasmoorde tot voorkeur-misdaad te verklaar:
    1 min
  • Almal moet korrupsie, bedrog in Psemas help hokslaan
    Die finansministerie doen 'n beroep op lede van die Staatsdienswerknemers-mediese hulpskema, Psemas, gesondheidsorgverskaffers en die publiek om te help in die stryd teen bedrog en korrupsie. In 'n veldtog met die tema "My Psemas, My Verantwoordelikheid", moedig die ministerie almal aan om verdagte transaksies en bedrieglike aktiwiteite aan te meld om die skema se voordele te beskerm. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto:
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Trump-administrasie kan na verkiesing gestriem word
    Miljoene Amerikaners stem vandag in die Amerikaanse middeltermynverkiesings, wat die magsbalans in die Kongres kan verander. Voormalige diplomaat Brooks Spector sê byna 60 miljoen vroeë stemme is reeds uitgebring. Hy sê 'n Demokratiese oorwinning in die Huis van Verteenwoordigers of die Senaat kan die Trump-administrasie se vermoë om wetgewing deur te voer bemoeilik, en groter beleidsuitdagings kan skep. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Siviele eise teen polisie styg skerp, NamPol keer wal
    NamPol verskerp pogings om onregmatige arrestasies en aanhoudings te bekamp, midde 'n toename in siviele eise teen die polisiemag. Die waarnemende NamPol inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê 60 van die 85 siviele eise wat gedurende die 2026/2027-boekjaar aangeteken is, hou verband met beweerde onregmatige arrestasies en aanhoudings. Sy het dié opmerkings gemaak tydens die amptelike opening van 'n opleidingsprogram wat daarop gemik is om polisiebeamptes se begrip van grondwetlike regte te versterk.
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Rugby: Bok-afrigter verdedig Moerat
    Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die slot Salmaan Moerat verdedig teen kritiek op sosiale media en sê hy lewer ʼn waardevolle bydrae. Moerat, wat reeds elf toetse gespeel het, is Saterdag in die opdrafspan in die Nasies-kampioenskaps-kragmeting met Italië in Turyn. Die 28-jarige, wat van die Stormers na La Rochelle in Frankryk verhuis het, het nog nie vanjaar vir die Bokke gespeel nie. Erasmus sê sy waarde lê in harde werk eerder as pronkerige spel:
    1 min
  • SAFTU verwelkom beslagleggingsbevel van N$1,66-miljard teen Angelo Agrizzi
    Die vakverbond SAFTU verwelkom die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat Bosasa se voormalige hoofbedryfsbeampte, Angelo Agrizzi, meer as 1,66-miljard Namibiese dollar aan die staat moet terugbetaal. Dit gaan oor korrupsie wat met die maatskappy se onwettige aktiwiteite verbind word. SAFTU-woordvoerder, Asive Dyani, sê Bosasa se bedrywighede toon hoe privaat sakebelange hul nabyheid aan staatsmag kan uitbuit om winsgewende regeringskontrakte te kry terwyl staatshulpbronne wat die samelewing moes dien, vir privaat verryking aangewend is:
    1 min
  • Namiseb beklemtoon grondwet se rol in beskerming van demokrasie
    Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, het die noodsaaklike rol van grondwetlike oppergesag en die skeiding van magte in die beskerming van Namibiese demokrasie beklemtoon. In 'n onlangse toespraak aan besoekende leerders en onderwysers van Caprivi Sekondêre Skool het Namiseb beklemtoon dat Namibië se grondwetlike demokrasie die parlementêre soewereiniteit van die apartheid-era vervang het, en verseker dat geen individu of staatsamptenaar, insluitend die president, bo die wet is nie.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…