Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Op'ie Kantlyn, 3 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    3 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Gauteng polisie hou 119 hoërisiko-stemlokale dop
    Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het bevestig dat 119 stemlokale in die provinsie as hoërisiko geïdentifiseer is voor môre se verkiesing. Hy het het in Mayfair gesê 371 van die provinsie se 2 836 stemlokale, is as mediumrisiko geklassifiseer, terwyl 2 336 as laerisiko beskou word. Hy sê die ontplooiing van veiligheidsmagte word bepaal deur 'n evaluering te doen van die waarskynlikheid van betogings, politieke spanning en onrus wat met dienslewering verband hou:
    1 min
  • Moratoriums op boere se leningterugbetalings verwelkom
    Landboukundige Kobus Laubscher ondersteun die Bank van Namibië se opdrag waarvolgens kommersiële banke moratoriums op leningsterugbetalings moet toestaan aan boere wat deur droogte en bek-en-klouseer geraak word. Laubscher sê dat boere met sleutelowerhede soos die Vleisraad moet saamwerk aan kontantvloeiprojeksies sodat individuele aansoeke gekonsolideer kan word om staatsondersteuning te verseker. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • VSA wat SA uit Agoa skop kan boemerang: kenner
    Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Christo van Rheede waarsku dat Amerika se besluit om Suid-Afrika se deelname aan Agoa op te skort, ook Amerikaanse sakebelange kan benadeel. Hy wys daarop dat meer as 600 Amerikaanse maatskappye, waaronder Ford en Microsoft, in Suid-Afrika werksaam is en dat ontwrigting van handels- en voorsieningskettings ook hul bedrywighede kan raak. Van Rheede waarsku verder dat Washington die risiko loop om handelsinvloed in die streek aan China af te staan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Nie net BKS bedreig beesvleisbedryf: Savanna Beef-hoof
    Die bek-en-klouseer uitbreking plaas toenemende finansiële druk op die beesvleisbedryf en hou 'n bedreiging in vir inkomste, werksgeleenthede en uitvoermarkte. Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard, sê indien beperkings op die vervoer van vee en die verwerking van vleis voortduur, kan dit ernstige gevolge vir boere, vleisverwerkers en die breër ekonomie inhou. Maar bek-en-klouseer is nie al wat slegte nuus vir die bedryf is nie:
    1 min
  • Nuwe maandelikse toelaes vir interns ingestel
    Die regering het sy beleid oor internskappe hersien en verskillende maandelikse toelaes vir student- en gegradueerde-interns ingestel. Voorheen het interns in albei kategorieë 2 244 Namibiese dollar 85 sent maandeliks ontvang, maar ingevolge die nuwe beleid sal student-interns 2 692 dollar 50 sent verdien, terwyl gegradueerde-interns 3 769 dollar 50 sent sal kry. Justina Shivolo, 'n ontleder van menslike hulpbronne in die Kantoor van die Eerste Minister, het die veranderinge tydens 'n inligtingsessie uiteengesit.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…