Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • VSA: Demokrate wen Senaat en Huis van Verteenwoordigers
    Die Demokrate het ʼn meerderheid gekry in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, en die Republikeine se greep op Washington verbreek. In Texas is James Talarico die eerste Demokraat sedert 1988 wat ʼn setel in die Senaat wen terwyl Adam Hamilton die eerste Demokraat in byna 100 jaar is om ʼn Senaat-setel in Kansas te wen. Die Demokraat Annie Andrews sal die eerste vrou van Suid-Carolina wees wat tot die Senaat verkies word. Die volgende Huis-speaker, Hakeem Jeffries, sê Amerika is terug:
    1 min
  • NEHAWU is bekommerd oor Suid-Afrika se ekonomiese beleide
    NEHAWU se nasionale uitvoerende komitee het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige makro-ekonomiese beleidsraamwerk, en sê dit lewer nie volhoubare ekonomiese groei, belegging en ordentlike werk nie. Volgens die Nasionale Tesourie sal die raamwerk werkgeleenthede, beter uitvoerprestasie, meer beleggings, groter doeltreffendheid en billikheid in staatsbesteding, asook verbeterde ontwikkeling van menslike hulpbronne teweegbring. NEHAWU se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê die land se ekonomiese benadering wat op fiskale konsolidasie, besuiniging, inflasieteikens en strukturele hervormings fokus, plaas druk op openbare hulpbronne:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • A.Vogel Multiforce: Hou jig in toom dié feesseisoen
    Die feesseisoen is om die draai, en daarmee saam kom jaarafsluitings, lekker kuiers en heelwat eet en drink! Maar al dié feestelikhede kan ook die risiko van pynlike jigaanvalle verhoog.

    In hierdie week se gesprek gesels ons oor jig, die rol van uriensuur en hoe A.Vogel Multiforce kan help om die liggaam se suur-basis-balans te ondersteun.

    A.Vogel Multiforce is by apteke beskikbaar.

    Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
    12 min
  • OVK-hoof bekommerd oor pogings om SA verkiesingsproses te ondermyn
    Die uitvoerende hoof van die SA Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, sê toenemende pogings om die integriteit van die plaaslikeregeringsverkiesing te ondermyn, is 'n bron van kommer. Mamabolo het gewaarsku teen die verspreiding van waninligting en inhoud wat deur kunsmatige intelligensie op sosiale media gegenereer is, en doen 'n beroep op kiesers om inligting te verifieer voordat hulle dit deel. Hy het ook politieke partye en kandidate versoek om opruiende uitlatings te vermy en die verkiesingsgedragskode te respekteer:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Kabinet keur nasionale etiek- en teenkorrupsiebeleid goed
    Die Kabinet het die konsep-Nasionale Etiek- en Teen-korrupsiebeleid goedgekeur, met die doel om korrupsie deur groter deursigtigheid, aanspreeklikheid en etiese optrede in alle sektore van die samelewing te bekamp. Alle staatsministeries, kantore en agentskappe moet nou die beleid se doelwitte en voorgestelde maatreëls in hul strategiese en jaarlikse planne inkorporeer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste besluite bekend gemaak.
    1 min
  • Moya: Bronkhorstspruit-waterkrisis se aanspreeklikheid strek wyer
    Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya sê volgens die voorlopige verslag is daar ernstige tekortkominge in die bestuurder van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg se uitvoering van sy pligte. Verlede maand is meer as 800 gevalle van maagdermsiekte aangemeld nadat die metro versuim het om die aanleg se water met chloor te behandel. Moya sê aanspreeklikheid vir die waterkrisis in Bronkhorstspruit moet leiers in alle afdelings van die waardeketting insluit. Sy beklemtoon egter dat die aanleg se herstel in ʼn gevorderde stadium is:
    1 min
  • Amupanda bevraagteken begrotingstoewysings
    Die parlementêre debat oor die middeltermyn-begrotingshersiening duur voort, waar politieke partye vrae stel en hul standpunte daaroor uiteensit. Die AR-leier Job Amupanda het in 'n toespraak sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as begrotingstoewysings waarvoor daar nie behoorlike regverdiging is nie.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…