Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Nuwe Chinatown-mark bring hoop vir 80 handelaars
    Planne om toestande vir informele handelaars in Windhoek te verbeter, neem vorm aan. Stad Windhoek verwag om infrastruktuurvoorbereidings by die Chinatown-mark gedurende November te voltooi. Die projek, wat na raming N$1,8 miljoen sal kos, sal plek bied aan ongeveer 80 handelaars. Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het die inisiatief verwelkom en sê dit is 'n positiewe stap in die rigting van die formalisering van informele handel en die skep van meer georganiseerde handelsruimtes vir kleinsakeondernemings.
    1 min
  • BKS: Inentings in ||Kharas-streek bereik 8 267 beeste
    Die geveg teen bek-en-klouseer is steeds volstoom aan die gang. Nog 865 beeste is die afgelope sewe dae in die ||Kharas-streek teen die siekte ingeënt, wat die totale aantal inentings tot dusver op 8 267 te staan bring. Die inentings vorm deel van die verpligte maatreëls om die uitbreking te bekamp. Landbouministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het vanoggend tydens die weeklikse opdatering meer besonderhede gegee:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Fuel prices vary significantly between Namibian towns
    Fuel prices have increased sharply across Namibia from today, but how much motorists pay depends largely on where they fill up. The biggest price difference is between towns in the south, where fuel is the most expensive, and Walvis Bay, where motorists pay the lowest prices. Energy Minister Modestus Amutse explained on Monday, during a media briefing, why fuel prices differ from one town to another. For more on Minister Amutse's explanation, visit the Kosmos Kapitaal Facebook page.
    1 min
  • Koning Charles noem transatlantiese slawehandel ’n “afgryslike onreg”
    Koning Charles beskryf die transatlantiese slawehandel as ʼn “skandelike hoofstuk in die geskiedenis en ʼn afgryslike onreg”. Die Britse regering het nooit ʼn amptelike verskoning uitgereik vir sy rol in transatlantiese slawehandel of vergoeding aangebied nie. Hy het gister by die vergadering van Statebond-staatshoofde in Antigua en Barbuda gepraat. Koning Charles sê hy is daartoe verbind om maniere te vind om in 'n moderne vennootskap saam te werk om die onregte van die verlede aan te spreek, deur onder meer toegang tot onderwys te verbeter en in werksgeleenthede te belê:
    1 min
  • Brandstofprysverskille: Suide betaal N$1,10 meer per liter as Walvisbaai
    Brandstofpryse het van vandag af skerp gestyg, maar hoeveel motoriste betaal, hang grootliks af van waar hulle in die land brandstof ingooi. Petrol is tussen N$2 en N$2,07 per liter duurder, terwyl diesel met 50 dpm tussen N$3 en N$3,07 per liter gestyg het. Die grootste prysverskil is tussen die suidelike dorpe, waar brandstof die duurste is, en Walvisbaai, waar motoriste die laagste pryse betaal. Die verskil beloop nou N$1,10 per liter. Energieminister Modestus Amutse het Maandag tydens ’n mediakonferensie verduidelik waarom brandstofpryse nie oral dieselfde is nie:
    1 min
  • Trump sê Amerika gaan vanjaar militêre hulp aan Israel staak
    Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika gaan teen die einde van die jaar hulp van ongeveer 66,88-miljard-rand per jaar aan Israel staak. Amerika verskaf volgens ʼn memorandum van verstandhouding militêre hulp aan Israel. Die tienjaar-ooreenkoms het in 2018 begin en verstryk in 2028. Volgens ʼn meningspeiling deur die Quinnipiac University in September, reken byna 48-persent kiesers Amerika ondersteun Israel te veel. Dit is 16-persent meer as in 2017. In ʼn telefoniese onderhoud met Fox News, het Trump gesê Israel het nie meer Amerikaanse befondsing nodig nie:
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…