Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Donderdag, 5 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Nie net 'n reuse-inspuiting van miljarde dollar vir die Namibiese ekonomie en 'n strategiese hupstoot vir die land nie, maar ook goedkoper brandstof vir Namibiërs: Dis wat die Nigeriese sakereus Aliko Dangote Woensdag belowe het toe hy sy massiewe brandstofprojek en -pyplyn op Walvisbaai van stapel gestuur het.
    3 min
  • SA Motorbedryf moet uitvoermarkte diversifiseer ná Amerikaanse besluit
    Die Suid-Afrikaanse Personeelvereniging vir die Motorbedryf sê die bedryf kan nie net van een uitvoermark afhanklik wees nie. Dit volg nadat Amerika besluit het om Suid-Afrika vanaf Januarie volgende jaar van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verwyder. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond sê die bedryf is reeds getref deur 'n Amerikaanse tarief van 25-persent wat verlede jaar bygedra het tot 'n daling van 83-persent in voertuiguitvoere na Amerika:
    1 min
  • Brown: N$36-brandstofprys geld net vir vliegtuie
    David Brown, uitvoerende hoof van August 26, sê die brandstofprys van 36 Namibiese dollar per liter waaroor Job Amupanda van die AR-beweging nou ‘n polemiek probeer ontketen, het uitsluitlik op Jet A-1-vliegtuigbrandstof betrekking, en nie petrol of diesel wat aan militêre basisse verskaf word nie. Amupanda beweer tussengangers melk die verdedigingsektor met buitensporige pryse vir brandstof wat uit Botswana na militêre basisse vervoer word. Brown het die saak tydens 'n nuuskonferensie in Windhoek opgeklaar:
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 4 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die nuus om 18:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Rugby: Bok-skrumskakel dankbaar vir groot kans
    Die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg is dankbaar vir die vertroue wat in hom gestel word, ondanks mededinging van spelers soos Cobus Reinach en Grant Williams. Die 29-jarige, wat ses drieë in slegs tien toetse gedruk het, sal Sacha Feinberg-Mngomezulu se skakelmaat wees in Saterdag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Italië in Turyn. Van den Berg sê die druk om 'n plek te verdien en die wyse waarop die stelsel gestruktureer is, maak 'n speler beter:
    1 min
  • Swaaistem in VSA nie 'n teken van nuwe liefde vir Demokrate
    Ná Dinsdag se Amerikaanse middeltermynverkiesings het die Demokrate beheer oor beide die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat oorgeneem, nadat hulle deurslaggewende swaaistate gewen en tradisionele Republikeinse vestings verower het. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah merk op dat die Demokratiese oorwinning eerder die publiek se frustrasie oor inflasie en buitelandse beleid weerspieël, as wat dit dui op 'n volkome omarming van die party. Hy waarsku dat 'n Kongres onder Demokratiese leierskap onmiddellike druk in die gesig staar om resultate te lewer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die nuus om 17:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • President eis beheer oor groot projekte
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê dat strategiese nasionale projekte onder die direkte toesig van haar kantoor geplaas word om die implementering daarvan te bespoedig. Tydens die bekendstelling van die Dangote-Namibië-tenkplaas- en streekpyplynprojek by Plaas 58 buite Walvisbaai, het sy gewaarsku burokratiese vertragings laat die land kosbare beleggingsgeleenthede verloor. Sy sê haar kantoor sal die voortou neem om strategiese projekte vinniger te laat vorder.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…