Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • ANC erken ekonomie en werkskepping steeds sy grootste uitdagings
    Die ANC het erken die ekonomie en werkskepping is steeds groot uitdagings. Die party het egter sy 32 jaar in die regering verdedig en gewys op vordering met onderwys, behuising en maatskaplike toelaes. Tydens 'n toespraak by die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand het die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu, gesê die party se manifes fokus op ekonomiese groei, die skep van werksgeleenthede, die vermindering van armoede, en die verbetering van dienslewering:
    1 min
  • NAC verklaar eerste dividend in 20 jaar: N$7,8 miljoen
    Die Namibiese Lughawensmaatskappy het ‘n dividend van 7,8 miljoen Namibiese dollar verklaar – die eerste betaling in 20 jaar. Die NAC het 'n toename van 5,5 persent in inkomste tot 570 miljoen dollar aangekondig, terwyl wins ná belasting meer as verdubbel het tot 23,4 miljoen dollar. Met passasiersgetalle wat 1,13 miljoen bereik het, sê die staatsonderneming se woordvoerder, Dan Kamati, die resultate dui op groeiende ambisies om die land as 'n toonaangewende lugvaart- en logistieke spilpunt in die streek te vestig.
    1 min
  • Ramaphosa vra strenger optrede teen geslagsgeweld
    President Cyril Ramaphosa moedig mans aan om vroue nie te mishandel nie en vra strenger optrede deur die polisie en die strafregstelsel om geslagsgeweld te bekamp. Ramaphosa het in Johannesburg gepraat na hy in Hydepark gestem het. Hy sê die regering is besig om steun aan slagoffers uit te brei en verhoog die aantal polisiebeamptes om sigbare wetstoepassing te verbeter. Ramaphosa sê bykomende fondse is beskikbaar gestel om geslagsgeweld aan te pak met verdere befondsing wat ook in Februarie se begroting verwag word:
    1 min
  • Kudumo: Strenger toesig oor Trump ná verkiesingsverskuiwing
    Internasionale betrekkinge-deskundige Marius Kudumo sê Amerikaanse verkiesings word hoofsaaklik gedryf deur binnelandse kwessies soos lewenskoste en inflasie eerder as buitelandse beleid. Met Demokrate wat nou beide kongreshuise beheer, staar president Donald Trump se administrasie volgens hom strenger toesig in die gesig en sal uitvoerende besluite oor byvoorbeeld handel en buitelandse sake vinniger kapsie ontlok.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Elektriese voertuie bied kostebesparings namate brandstofpryse styg
    Namate brandstofpryse aanhou styg, word elektriese voertuie al hoe meer voorgehou as 'n kostedoeltreffende alternatief vir Namibiese motoriste. Rolspelers in die bedryf sê langtermynbesparings op brandstof en instandhouding maak 'n beduidende verskil. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat sê selfs ouer elektriese voertuie kan aansienlike waarde bied:
    1 min
  • Namibië stel eerste staats-lugambulansdiens in gebruik
    Namibië het sy eerste staatsbeheerde lugambulansdiens amptelik in gebruik geneem – ’n belangrike stap om noodmediese dienste te versterk en pasiënte in afgeleë gebiede vinniger toegang tot gespesialiseerde sorg te gee. Die diens beskik oor ’n volledig toegeruste Learjet-lugambulans wat as ’n intensiewesorgeenheid in die lug funksioneer, asook helikopter-ontruimings-dienste vir noodgevalle in afgeleë gebiede. Dit sal die bestaande grondambulansdienste aanvul. Visepresident Lucia Witbooi sê die diens sal help om pasiënte vinniger by streeks- en nasionale verwysingshospitale te kry. Sy beklemtoon dat mense se kanse op oorlewing nie deur hul geografiese ligging bepaal moet word nie.
    1 min
  • Toerismeraad waarsku teen ongeregistreerde toerisme-operateurs
    Die Namibiese Toerismeraad waarsku die publiek en rolspelers in die toerismebedryf om nie sake te doen met operateurs wat nie aan die land se toerismeregulasies voldoen nie. Woordvoerder Flora Quest sê die waarskuwing volg op die identifisering van ondernemings wat sonder die nodige registrasie of nakoming van wetlike voorskrifte sake doen.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Binnelandse Sake waarsku teen swendelaars wat dokumente teen betaling belowe
    Die ministerie van binnelandse sake het ’n dringende openbare waarskuwing uitgereik teen swendelaars wat hulle as amptenare voordoen om burgers en buitelandse burgers te mislei. Woordvoerder Margaret Kalo waarsku dat die swendelaars vals beloftes maak om dokumente soos werkspermitte, burgerskap en ID’s vinniger te bekom in ruil vir betaling. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…