Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Demokrate fokus op lewenskoste, aanspreeklikheid
    Die Demokratiese leier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Hakeem Jeffries, sê die party sal sy volle aandag op lewenskoste en aanspreeklikheid toespits en nie op president Donald Trump se vervolging nie. Die Demokrate het beheer van die Senaat en die Huis oorgeneem in Dinsdag se middeltermynverkiesing. Associated Press se meningspeilings toon lewenskoste en regerings-korrupsie was kiesers se twee belangrikste oorwegings. Jeffries sê die lewe is tans net te duur vir Amerikaners:
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Produseer eie voedsel: Oshikoto-goewerneur
    Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi moedig die streek se inwoners aan om hul eie kos te verbou midde toenemende voedselonsekerheid weens droogte, armoede en klimaatsverandering. Hy het by die streek se Wêreldvoedseldag-herdenking beklemtoon dat almal toegang tot veilige en voedsame kos behoort te hê. Hy sê voedsel is nie net noodsaaklik vir gesondheid en menswaardigheid nie, maar ook vir ekonomiese ontwikkeling.
    1 min
  • Byna 35% van SA verkiesing-uitslae vasgelê
    Hoofverkiesingsbeampte Sy Mamabolo sê die vaslegging van uitslae is reeds afgehandel in 18 munisipaliteite in die Noord-, die Wes- en die Oos-Kaap. Hy het in die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, gesê 35,5-persent van die verwagte uitslagstate is reeds geskandeer, terwyl 34,8-persent vasgelê is. 'n Kwart van alle uitslagstate is ook reeds deur onafhanklike ouditeure nagegaan. Mamabolo sê goeie vordering word gemaak ondanks langer stembriewe en 'n groter as verwagte kiesersopkoms:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • WGO: Klimaatoptrede kan jaarliks 1,6 miljoen lewens red
    Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê klimaatsoptrede kan jaarliks sowat 1,6 miljoen lewens red en triljoene dollars se ekonomiese voordele oplewer. Maatreëls soos beter hittewaarskuwing-stelsels, skoner huishoudelike energie, en verbeterde toegang tot skoon water kan volgens hom 'n groot verskil maak. Tedros waarsku dat klimaatsverandering reeds siekte-uitbrekings aanwakker en die voorkoms van hart- en longsiektes, kanker en asma verhoog.
    1 min
  • Dunaiski waarsku oor presidensiële beheer van Dangote-projek
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om die reuse-Dangote-brandstofinfrastruktuurprojek onder die direkte toesig van die Presidensie te plaas, wek vrae oor die bestuur van groot beleggings. Bestuurskenner Pius Dunaiski waarsku dat Namibië waaksaam moet wees oor die risiko's wanneer sulke projekte onder presidensiële beheer geplaas word. Hy voer aan dat Afrika se sogenaamde “hulpbronvloek” dikwels juis op die hoogste regeringsvlakke begin. Dunaiski het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Namibië se jaarlikse inflasie styg tot 5,6%
    Die jaarlikse hoofinflasiekoers vir Oktober het op 5,6 persent te staan gekom, teenoor 5,4 persent in September. Dit is ook hoër as die 3,6 persent wat in Oktober verlede jaar aangeteken is, volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê kerninflasie het op 3,7 persent gestaan en bly dus onder die hoofinflasiekoers.
    1 min
  • Roodt: AGOA-uitsluiting sal beperkte impak op SA se groei hê
    Ekonoom Dawie Roodt sê Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms vanaf Januarie 2027 kan ekonomiese groei met minder as 0,1 persentasiepunt verminder. Hoewel hy die besluit as slegte nuus vir 'n reeds sukkelende ekonomie beskryf, sê hy dit is nie katastrofies nie, aangesien Suid-Afrika se uitvoere onder die voorkeurhandelsooreenkoms reeds aansienlik afgeneem het. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…