Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • WGO: Klimaatoptrede kan jaarliks 1,6 miljoen lewens red
    Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê klimaatsoptrede kan jaarliks sowat 1,6 miljoen lewens red en triljoene dollars se ekonomiese voordele oplewer. Maatreëls soos beter hittewaarskuwing-stelsels, skoner huishoudelike energie, en verbeterde toegang tot skoon water kan volgens hom 'n groot verskil maak. Tedros waarsku dat klimaatsverandering reeds siekte-uitbrekings aanwakker en die voorkoms van hart- en longsiektes, kanker en asma verhoog.
    1 min
  • Dunaiski waarsku oor presidensiële beheer van Dangote-projek
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om die reuse-Dangote-brandstofinfrastruktuurprojek onder die direkte toesig van die Presidensie te plaas, wek vrae oor die bestuur van groot beleggings. Bestuurskenner Pius Dunaiski waarsku dat Namibië waaksaam moet wees oor die risiko's wanneer sulke projekte onder presidensiële beheer geplaas word. Hy voer aan dat Afrika se sogenaamde “hulpbronvloek” dikwels juis op die hoogste regeringsvlakke begin. Dunaiski het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Namibië se jaarlikse inflasie styg tot 5,6%
    Die jaarlikse hoofinflasiekoers vir Oktober het op 5,6 persent te staan gekom, teenoor 5,4 persent in September. Dit is ook hoër as die 3,6 persent wat in Oktober verlede jaar aangeteken is, volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê kerninflasie het op 3,7 persent gestaan en bly dus onder die hoofinflasiekoers.
    1 min
  • Roodt: AGOA-uitsluiting sal beperkte impak op SA se groei hê
    Ekonoom Dawie Roodt sê Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms vanaf Januarie 2027 kan ekonomiese groei met minder as 0,1 persentasiepunt verminder. Hoewel hy die besluit as slegte nuus vir 'n reeds sukkelende ekonomie beskryf, sê hy dit is nie katastrofies nie, aangesien Suid-Afrika se uitvoere onder die voorkeurhandelsooreenkoms reeds aansienlik afgeneem het. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • IPC bevraagteken spoorontwikkeling in die Noorde
    Die IPC bevraagteken die ekonomiese regverdiging van verdere spoorontwikkeling in die Noorde. Nelson Kalangula, die party se skadu-minister van Werke en Vervoer, sê groter voorkeur behoort eerder aan die beplande spoorverbinding tussen Windhoek en Botswana gegee te word. Hy het tydens 'n debat in die Nasionale Vergadering ook die 57 km-spoorlyn tussen Ondangwa en Oshikango as voorbeeld van onbenutte infrastruktuur uitgelig. Die laaste aangetekende treinbeweging op dié roete was in Julie 2024.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Warm en sonnige weer, met kans op laatmiddagbuie
    Namibiërs kan vandag warm en sonnige weer verwag, hoewel toestande later gedeeltelik bewolk kan raak, met 'n kans op buie teen laatmiddag of vanaand. Albertina Anderson van die Weerdiens sê daar is sowat 'n 55-persent kans op ligte reën of buie teen die aand.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • AGOA-onsekerheid hou Suid-Afrikaanse wynbedryf in die weegskaal
    Die Suid-Afrikaanse wynmeester Bennie Howard beskryf die Amerikaanse regering se voorgenome onttrekking van Suid-Afrika se handelsvoordele ingevolge die AGOA-ooreenkoms as 'n groot terugslag vir die land se wynbedryf. Hy waarsku dat die verlies aan voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark jare se belegging, gevestigde sakeverhoudings en kosbaar verworwe rakruimte in gevaar kan stel. Hoër invoertariewe kan Suid-Afrikaanse wyn minder mededingend maak en uitvoerders moontlik dwing om alternatiewe markte te ondersoek. Howard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…