Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • AGOA-onsekerheid hou Suid-Afrikaanse wynbedryf in die weegskaal
    Die Suid-Afrikaanse wynmeester Bennie Howard beskryf die Amerikaanse regering se voorgenome onttrekking van Suid-Afrika se handelsvoordele ingevolge die AGOA-ooreenkoms as 'n groot terugslag vir die land se wynbedryf. Hy waarsku dat die verlies aan voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark jare se belegging, gevestigde sakeverhoudings en kosbaar verworwe rakruimte in gevaar kan stel. Hoër invoertariewe kan Suid-Afrikaanse wyn minder mededingend maak en uitvoerders moontlik dwing om alternatiewe markte te ondersoek. Howard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Nashinge kritiseer Inligtingsministerie se besteding
    Die amptelike opposisieleier en IPC-LP, Immanuel Nashinge, het die Inligtingsministerie gekritiseer oor wat hy as verkwistende staatsbesteding beskryf. Hy het veral verwys na onnodige regstreekse uitsendings en uitgebreide dekking van regeringsgeleenthede deur die staatsmedia. Tydens die parlementêre debat oor die ministerie se N$681 miljoen-begroting het Nashinge 'n volledige herstrukturering voorgestel, na die voorbeeld van Rwanda, met groter klem op tegnologiese innovasie en werkskepping vir jongmense.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA NVG gee voorkeur aan verkiesing-verwante sake om vervolging te bespoedig
    Intussen sê die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, hulle gee voorkeur aan verkiesing-verwante sake om vervolging te bespoedig en die integriteit van die verkiesing te beskerm. Meer as 25 verkiesing-verwante sake is op die hofrol terwyl sowat 20 ander nog ondersoek word. In Gauteng is 14 mense in hegtenis geneem. Mothibi sê die NVG werk saam met die polisie om sake soos aanranding en intimidasie van OVK-personeel vinnig af te handel:
    1 min
  • N$41 miljard-brandstofprojek kan Walvisbaai in streekspilpunt omskep
    Namibië kan in die komende jare ’n veel groter rol in die streek se brandstofvoorsiening speel danksy ’n beplande berging-s-aanleg in Walvisbaai met ’n kapasiteit van 600 miljoen liter. Die fasiliteit sal na verwagting 360 miljoen liter diesel en die res petrol kan berg, wat dit agt keer groter as Namcor se bestaande nasionale olieberging-s-fasiliteit sal maak. Die projek, met ’n geraamde waarde van 41-miljard Namibiese dollar, vorm deel van Nigeriese miljardêr Aliko Dangote se planne om ’n belangrike brandstofverspreidingsentrum vir Suider-Afrika te vestig. Dangote het tydens Woensdag se bekendstelling, op ’n dag waarop brandstofpryse in Namibië gestyg het, ’n boodskap aan die land gerig:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Kriel blameer Ramaphosa en ANC vir SA se verwydering uit Agoa
    AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, blameer president Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap vir Suid-Afrika se verwydering uit Agoa. Kriel beweer die regering se onteieningswetgewing skrik beleggers af en het Amerikaanse sanksies veroorsaak. Hy voer aan die ANC het voorstelle van die burgerlike samelewing geïgnoreer wat daarop gemik was om die handelsooreenkoms te red. Kriel het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Shafudah: N$685 miljoen na dringende prioriteite verskuif
    Finansminister Ericah Shafudah sê 685-miljoen Namibiese dollar wat van onderpresterende projekte hertoegewys is, sal nou dringende regerings-prioriteite finansier. Dit sluit bek-en-klouseerbeheer, graanreserwes, staatsamptenare se mediese fonds en die Noodfonds in. Die totale staatsbesteding vir 2026/27 is met 0,9% tot N$105 miljard verminder, ná 'n tekort van N$1,5 miljard aan inkomste. Shafudah sê stygende rentebetalings op staatskuld beperk geld wat vir ontwikkeling beskikbaar is, terwyl N$179 miljoen spesifiek vir bek-en-klouseerbeheer bewillig is.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…